Is Jy ‘n Getuie in Jou Stad?

David Wilkerson (1931-2011)

Ons verwag dikwels dat God op een van twee maniere werk: óf deur ‘n bonatuurlike uitstorting van sy Heilige Gees om menigtes in sy koninkryk in te bring, óf deur oordeel te stuur om sy kinders op hulle knieë te dwing of selfs te vernietig. Maar, geliefde, dit is nie God se metode om dinge in ‘n goddelose tyd te verander nie. Sy manier van puinhope herbou, is nog altyd om gewone mans en vroue wat Hy aangeraak het, te gebruik. En Hy doen dit deur hulle met sy Heilige Gees te vul en hulle in die stryd in te stuur met groot geloof en krag! “En hulle is almal gevul met die Heilige Gees” (Handelinge 2:4).

Jy is God se getuie in jou stad! Hy gebruik gewone mense wat alleen met Hom afsonder, Hom in gebed soek, hulle harte skeur en dan uitgaan vol van die Heilige Gees, geloof en krag. As God jou nie gebruik nie, is dit dalk omdat jy nie bruikbaar is nie. Dit gebeur wanneer gelowiges “behep raak daarmee om die heerlikheid te aanskou” in plaas van gereed te maak om gebruik te word.

Die heerlikheid het op die dissipels geskyn toe Jesus opgeneem is in die hemel. Hulle kon vir altyd daar gestaan en die warm gloed geniet het, maar die engel van die Here het hulle liefdevol bestraf: “Waarom staan julle en kyk na die hemel?” (Handelinge 1:11). Daar was baie voorbereiding nodig en take wat uitgevoer moes word. “Daarop draai hulle om na Jerusalem ... En toe ... gaan hulle na die bovertrek ... [en] almal het eendragtig volhard in gebed en smeking” (Handelinge 1:12-14).

Wanneer jy tevoorskyn kom van God soek, kan jy met vrymoedigheid voor medewerkers, familie, enigeen, staan en jou getuienis sal een van twee reaksie uitlok: ware bekering of woede. Hoe ook al, deur die krag van die Heilige Gees, sal jy ‘n woord spreek wat “die hart diep tref.”

Gaan uit in die krag van die Heilige Gees, bring die lig van Jesus oral waarheen jy gaan.