Gewortel en Gegrond in Liefde

David Wilkerson (1931-2011)

“Wandel in liefde, soos Christus ons liefgehad het” (Efésiërs 5:2). Die apostel Paulus het hier die Efésiërs aangemoedig, “Jesus het julle waarlik lief, lewe dus soos iemand vir wie God baie lief is!”

Talle Christen gelowiges weet sedert kindsbeen af van God se liefde toe hulle ‘n gunsteling kinderkoortjie gesing het: “Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God.” Ander mag ‘n teologiese kennis van God se liefde hê omdat hulle preke daaroor gehoor het en selfs Skrifte gememoriseer het. Maar hulle het nog nooit diep binne-in hulle harte die liefde wat God vir hulle het, en ook nie die vrede wat so ‘n begrip na die hart bring, verstaan nie.

“Sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrondves is, en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God” (Efésiërs 3:17-19).

Gewortel en gegrondves beteken hier “om onder jou ‘n diep en stabiele fondament te bou van die kennis en begrip van die liefde van God vir jou.” Met ander woorde, die kennis van God se liefde vir jou is die fundamentele waarheid waarop alle ander waarhede gebou moet word!

God wil hê jy moet die waarheid van hierdie liefde begryp en dit die fondament van jou Christelike lewe maak. Hy wil hê jy moet jou geestelike hande uitsteek en sê, “Ek gaan hierdie waarheid in besit neem en dit in my lewe toepas.”

Mag die Heilige Gees jou in staat stel om die waarheid van Christus se liefde vir jou te begryp – vandag!