Leer om Ander te Vergewe

Tim Dilena

Paulus en Barnabas was deel van die eerste sendingspan ooit wat uitgegaan het. Hierdie twee mans het saam ‘n kragtige, vrugbare bediening beleef totdat ‘n skerp menigsverskil, wat albei vorentoe sou vorm, ontstaan het.

Na Paulus se dramatiese bekering op pad na Damaskus, het hy Christus in die sinagoges verkondig en die mense was verbaas (Handelinge 9:20-21). Maar toe hy na Jerusalem gegaan het, “het hy probeer om by die dissipels aan te sluit; maar almal was vir hom bang, omdat hulle nie geglo het dat hy ’n dissipel was nie” (9:26). Paulus het voor sy bekering Christene doodgemaak en sommige gelowiges het gedink dat hy vals was. Maar God het ‘n ervare man van God genaamd Barnabas strategies in Paulus se pad geplaas: “Maar Bárnabas het hom geneem en na die apostels gebring ... En hy het saam met hulle in- en uitgegaan in Jerusalem” (9:27-28). Dit wil dus voorkom, as daar geen Barnabas was nie, sou daar miskien nie ‘n Apostel Paulus gewees het nie.

‘n Meningsverskil tussen Paulus en Barnabas het plaasgevind toe Paulus weer die stede wou besoek waar hulle bedien het op hulle sendingreise. Op die oog af was dit ‘n goeie idee, maar die twee kon nie ooreenkom oor wie hulle moes vergesel nie en “...Daar het toe ’n verbittering ontstaan, sodat hulle van mekaar geskei het” (15:37-39). Hierdie broers in Christus se paaie het geskei en ons hoor niks weer van Barnabas tot ses jaar later nie (sien Galásiërs 2:13) – en die verwysing na hom is nie baie vleiend nie. Ons kan ons net voorstel dat iets in sy gees moes gebeur het wat hom van sy oorspronklike roeping laat wegstap het. Miskien het hy onrealistiese verwagtinge gehad of dalk het hy ‘n wrok, wat ‘n verlammende wond in sy gees veroorsaak het, gehad. Wat dit ook al was, Barnabas het regtig op ‘n slegte plek beland.

Soms kan jy skerp verskil met iemand in jou lewe, maar Paulus het gesê, “Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; en gee aan die duiwel geen plek nie” (sien Efésiërs 4:26-27).

Die enigste ding wat werklik wonde genees, is vergifnis. Of jy die oortreder is of die persoon teen wie oortree is, die bloed van Jesus bedek die sonde. Hoe wonderlik om te weet dat die Here gou is om te vergewe en Hy sal vergifnis in ons werk as ons Hom toelaat.

Pastoor Tim het in ‘n middestad gemeente in Detroit bedien vir dertig jaar voor hy by Brooklyn Tabernacle in New York Stad bedien het vir vyf jaar. Hy en sy vrou Cindy bedien tans in Lafayette, Louisiana.