Hoop vir die Dwalende Hart

Gary Wilkerson

Versoekings kom teen jou en jy besef jou weerstand is swakker. God se Woord lyk oninspirerend en jou gebedslewe is swak en anemies. Selfs jou liefde vir Christus verdof vreemd. Wat gaan aan? Jy is dalk besig om in geestelike louwarmheid te verval – moet egter nie moedeloos word nie. Daar is hoop vir jou! Die Verlosser is besig om om jou onthalwe te werk om jou uit ‘n dowwe gees te ruk en ‘n nuwe vuur in jou gees aan die brand te steek.

Hoe goed om te weet dat Jesus sy voorsiening vir reiniging beskikbaar gemaak het, nie net vir die warmes nie, maar ook vir die louwarmes en die koues. Hy is beskikbaar om sonde van enigeen van ons weg te was. Ons is nie net vergewe nie, maar Jesus het sy geregtigheid aan ons toegereken. Dit is belangrik vir elke Christen om sy eie hart te deursoek vir louwarmheid – om seker te wees dat sy Heilige Gees binne-in ons vir ons mag oor sonde gee.

Sommige van die kenmerke van ‘n louwarm Christen is biddeloosheid; gebrek aan belangstelling in God se Woord; ongehoorsaamheid; min aandag aan die verlorenes; verwaarlosing van die samekoms met ander gelowiges.

Jesus praat met die louwarm kerk in Openbaring 3:15-16. “Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.” Christus praat spesifiek oor die kerk in Laodicense wat baie selfvoldaan in hulle geloof geword het. Maar dit is ook ‘n duidelike waarskuwing aan elke geslag binne die kerk.

Hoewel Jesus ‘n afsku gehad het aan louwarmheid, bied Hy genade aan wie ook al op sy waarskuwing wil reageer. “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het” (3:20-21).

Jesus wil jou volle liefde hê! Moenie God se aanbod as vanselfsprekend aanvaar nie, maar ondersoek jou hart. Jou hart is vir Hom kosbaar en hy het belowe om jou na Hom toe terug te bring indien jy afgedwaal het.