Die Teer Liefde van die Vader

David Wilkerson (1931-2011)

Vir baie mense is dit moeilik om aan God te dink as ‘n liefdevolle Vader. Hulle kan nie anders as om God deur die oë van vorige belewenisse met ‘n goddelose pa of stiefpa te sien nie. Dit is alles so hartseer. Luister na hoe God Homself aan Moses beskryf het: “HERE, HERE, barmhartig en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierendheid en trou, wat goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe...” (Exodus 34:6-7).

Wanneer ons baie beproewings en verdrukkinge beleef, vergeet ons wat God gesê het van Sy eie natuur. As ons egter tog maar net op sulke tye in Hom sou glo, sou ons soveel gerusstelling in ons siele gehad het! Van begin tot einde, praat die Bybel met ons as God se stem en openbaar hoe teer en liefdevol Hy is.

  • Hy is gou om te vergewe. “Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep” (Psalm 86:5).
  • Hy is geduldig met ons, vol teerheid en genade. “HERE, u barmhartighede is menigvuldig...” (Psalm 119:156).
  • Hy is stadig om kwaad en toornig te word. “Genadig en barmhartig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid” (Psalm 145:8). “Bekeer julle tot die HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil” (Joël 2:13).

Wanneer jy gaan om die Here in gebed te aanbid, moet jy versigtig wees watter soort beeld jy van God in sy teenwoordigheid aanneem! Jy moet ten volle oortuig wees dat Hy jou liefhet – en dat Hy alles is wat sê Hy is! God het natuurlik ‘n algemene liefde vir die mensdom wat omhels kan word deur enigeen wat na Hom kom met berou. Maar in God se hart is daar ook ‘n ander soort liefde, ‘n besonderse liefde vir sy kinders!

“Dien die Here met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel” (Psalm 100:2). God wil hê jy moet so op sy liefde vir jou vertrou sodat jy ‘n getuie van blydskap en vrolikheid sal wees!

Tags