Leiding van die Heilige Gees

David Wilkerson (1931-2011)

God se doel vir sy kinders is dat ons onsself aan die beheer en heerskappy van die Heilige Gees sal oorgee: “As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel” (Galásiërs 5:25). Met ander woorde, “As Hy in jou lewe, laat Hy jou leiding gee!”

Die vroeë Christene het nie in verwarring gelewe nie, want hulle was deur die Gees gelei. Hulle het die Heilige Gees geraadpleeg en Hy het hulle gelei. Om in die Gees te lewe, beteken met ‘n duidelike doel en helder besluitneming.

Ons sien baie voorbeelde daarvan om deur die Heilige Gees gelei te word in die Nuwe Testament. ‘n Goeie voorbeeld is Petrus: “En terwyl Petrus nadink oor die gesig, sê die Gees vir hom ...” (Handelinge 10:19). Op ‘n ander plek lees ons, “En die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moes gaan sonder om te twyfel...” (11:12). Die Heilige Gees het leiding gegee en Petrus het geluister.

Daar is talle voordele van hoe om in die Heilige Gees te lewe. Een voordeel vir diegene wat vra: Hy sal vir jou leiding, waarskuwings of wat ook al nodig is, gee. “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei” (Johannes 16:13). Jesus praat nie hier bloot van profesie en toekomstige gebeure nie, Hy praat van jou lewe. Die Heilige Gees sal jou lei in baie praktiese sake van jou daaglikse lewe.

Om in die Gees te lewe, beteken ook om nooit oorwin te word deur demoniese magte nie, alhoewel Satan sal probeer om jou te intimideer. Paulus het sulke teistering deur die krag van die Gees bestry: “Paulus, vervul met die Heilige Gees” het die bose gees aangespreek en al die magte van die duisternis tot ‘n val gebring (sien Handelinge 13:9-11). Daar kom ‘n tyd wanneer jy in die krag van die Heilige Gees moet opstaan en sê, “Genoeg! Ek beveel jou in die Naam van Jesus om te wyk!”

Maar die hoogste vorm van wandel in die Gees, is om Hom toe te laat om jou die diep, geheime dinge van God te leer. Staan stil in Sy teenwoordigheid en laat die Heilige Gees jou die hart van die Here wys. Wanneer jy dit doen, sal leiding kom en jy sal nie eens hoef te vra nie.

Stel jou hart daarop in om Hom vandag te soek en jy sal sy stem leer ken. Begin God loof, besing, vertrou – en Hy sal vir jou verlossing sorg.