Hy Bly Getrou om te Verlos

David Wilkerson (1931-2011)

Is dit moontlik vir regverdige, goddelike, Geesvervulde Christene om so neerslagtig en terneergedruk te word dat hulle voel dat hulle nie kan voortgaan nie? Om in werklikheid op die rand van moedverloor se vlakte te wees? Hulle is gelowiges wat naby aan Jesus is, sy hart en gedagtes ken, in gebed stry en sy wonderwerke beleef.

Hoe kan dit moontlik wees dat sulke Christene so neerslagtig, beswaard, wanhopig en moedeloos word? Vir sommige, kan dit voorkom asof toe hulle hul lewe aan die Here gegee het, lyding al was wat hulle teruggekry het. Niemand, binne of buite die kerk, het al ooit verstaan hoe ‘n liefdevolle God kan toelaat dat hulle, wat hul alles vir Hom gegee het, deur tye van groot swaarkry en wanhoop gaan.

Beskou die man Job wat bekend is dat hy gely het maar ‘n seëvierende lewe teruggekry het. Of Jeremia, die wenede profeet; ook nog ‘n profeet, Elia. Hulle almal het depressie en gevoelens van nederlaag gely tydens hulle beproewings maar God het hulle teruggebring.

In die Nuwe Testament, sien ons Paulus, die apostel. Hy was ‘n goddelike, kosbare man wat die hele wêreld prysgegee het sodat hy Christus as wins kon verkry. Hy het elke asemteug deurgebring vir die saak van die Meester. Hy het ‘n openbaring van Christus gehad soos geen ander mens op aarde nie en verder het sy sendbriewe God se kinders dwarsdeur die eeue onderrig.

Maar, Paulus het onrus en beproewings teëgekom. Toe hy na Asië gegaan het om die evangelie te verkondig, het hy net probleme gekry: “Verdrukking wat oor ons in Asië gekom het...dat ons dit bo ons krag uitermate swaar gehad het, sodat ons selfs aan ons lewe gewanhoop het” (2 Korinthiërs 1:8).

Hoe kon dit met ‘n man, wat so magtig deur God gebruik was, gebeur? Wel, ons Vader laat toe dat sy kinders deur baie swaarkry gaan sodat hulle geloof daardeur versterk kon word. So, hoe kom jy by oorwinning uit? Die geheim is om eenvoudig op die Heilige Gees wat in jou woon te vertrou. En dan bid en lees jy getrou die Woord van God. Neem jou besondere beloftes in besit en jy sal vind dat selfs wanneer jy op die punt is om moed te verloor, bly Hy getrou om jou te verlos! Halleluja!