Die Oortuigende Werk van die Heilige Gees

Gary Wilkerson

“Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur” (Johannes 16:7).

Jesus — die Messias — het genees, verlos, opgewek uit die dood, demoniese geeste uitgedryf, op water geloop, van sonde verlos en die waarheid van God verkondig soos geen ander mens ooit gedoen het nie. Hy het met gesag gespreek en sy dissipels innig liefgehad. Hoe kon dit dus beter wees dat Hy weggaan? Die dissipels kon hulle nie indink hoe dit vir hulle tot voordeel kon wees nie.

Jesus het die skok van sy aankondiging versag deur die dissipels te verseker dat die Heilige Gees groot dinge vir hulle en die hele mensdom sou doen. “En as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie” (16:8-11).

Jesus het geïmpliseer dat die Heilige Gees ‘n helper sou wees en selfs meer sou doen was wat Hy gedoen het toe Hy op die aarde was. Hy sou die wêreld oortuig van sonde, hulle behoefte vir ‘n Saligmaker en dit is goed. Maar Hy sou gelowiges ook oortuig van geregtigheid. Hy het met volgelinge van Jesus gepraat en het gesê dat die Heilige Gees hulle van geregtigheid sou oortuig.

Dus, wanneer jy Jesus ontmoet het en Hy jou met sy bloed gewas en jou gereinig het van alle ongeregtigheid, het Hy jou van die koninkryk van duisternis oorgebring na sy wonderlike koninkryk van lig. En nou is die rol van die Heilige Gees om jou te oortuig wie jy in Christus Jesus is – om jou te oortuig van jou geregtigheid! Halleluja! Jy en ek het hierdie oortuiging elke dag nodig omdat ons, wanneer ons misluk, dalk versoek kan word om net moed te verloor en terug te gaan.

Die Heilige Gees is daar om jou te oortuig om nie gedagtes van moed opgee te dink nie. Hy loop liefdevol langs jou om jou te verseker dat jy nie terug hoort in die koninkryk van duisternis nie omdat Jesus jou rein gemaak het. Hy het jou lief en het jou vrygespreek!