Vermy Jy Gemeenskap Met Jesus?

David Wilkerson (1931-2011)

Hoe sou jy voel as jy ‘n wonderlike maaltyd voorberei het, gaste oorgenooi het wat gesê het hulle sou kom, en toe, nadat alles voorberei en gereed was om te bedien, niemand opgedaag het nie? Die meeste van ons sal nogal verwerp en teleurgesteld voel. Dit is egter wat gebeur het in hierdie gelykenis wat Jesus aan sy dissipels vertel het in Lukas 14.

“Maar Hy [Jesus] antwoord hom: ’n Sekere man het ’n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi” (Lukas 14:16). Die storie gaan verder en wys dat toe alles gereed was, het die man se dienaars uitgegaan om die mense te roep. Maar in plaas van gretig wees om die geleentheid by te woon, het almal ‘n verskoning gehad en die samekoms afgewys.

Hierdie gelykenis is belangrik want Jesus is die gasheer, die fees waarvan gepraat word, is die evangelie en die tafel wat gedek is, is die kruis. Jesus se uitnodiging is vir almal: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee” (Matthéüs 11:28).

Eenvoudig gestel, ons Here nooi ons uit tot intimiteit met Hom. Ons word gedring om in sy teenwoordigheid in te kom en met Hom maaltyd te hou, om Hom te leer ken, om sy geselskap te geniet. Hy sê, “Kom en vind ‘n tafel gedek vir jou. Alles is nou gereed en jy sal volle versadiging in My vind.”

Trouens, al ons honger – alles te doen met heiligheid en goddelikheid – is met Jesus verbind. “Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug” (2 Petrus 1:3). Die tafel is gedek. Die ete is gereed!

Talle gelowiges maak allerhande verskonings om te vermy om in nouer gemeenskap met Jesus te kom. Hulle het baie tyd gedurende die week om heeltyd hierheen en daarheen te gaan vir hulle familie. Dit mag dalk hulle kinders, besigheidstrewes, of loopbaanambisies wees. Die lys is lank. Maar wanneer dit daarby kom om tyd te maak vir die dinge van die Here, is daar min tyd oor. Dit is ‘n gevaarlike manier om te lewe.

As ‘n ware liefhebber van Jesus, beskerm jou tyd met Hom. Beskou alles wat jou van jou kosbare tyd in Jesus se teenwoordigheid beroof, as inbreuk daarop.