Om God Bo Ons Beperkings te Glo

Gary Wilkerson

Jy het miskien ‘n droom wat verband hou met jou roeping maar iewers langs die pad het ‘n struikelblok opgeduik en jy het momentum verloor. Gou was jy heeltemal van die spoor af en jy het besef hoe maklik dit is om jou drome ontspoor te hê. Jy het energiek begin, maar dinge het verander toe die harde werklikheid ingetree het.

Vroeg in Jesus se bediening, het sy reputasie vir genesing en wonders groot skares getrek. “En Jesus het op die berg geklim en daar met sy dissipels gaan sit ... Toe Jesus dan sy oë opslaan en sien dat ’n groot menigte na Hom kom” (Johannes 6:3,5).

Bybelkenners skat hierdie skare was tussen 10,000 en 15,000 mense. Maar terwyl die skares bymekaargekom het, het die dissipels besef dat daar ‘n dilemma was: “Jesus ... sê ... vir Filippus: Waarvandaan sal ons brood koop, sodat hierdie mense kan eet?” (6:5).

Na die dissipels se aanvanklike vreugde toe hulle al die mense gesien het, het die werklikheid hulle gou getref!

Dink terug aan die opgewondenheid oor jou eerste werk. Jy was gretig om by die werk te kom maar binne ‘n paar dae, het jy gesien dat jou baas nie is wie jy gedink het hy is nie, jou naaste kollega het jou verag en die eise op jou tyd was baie meer as wat aan jou voorgehou was. Jy het besef, “Ek het glad nie besef dat dit so moeilik sou wees nie.” Filippus moes so gevoel het toe hy Jesus geantwoord het, “Brood vir tweehonderd pennings sal nie genoeg wees vir hulle, sodat elkeen van hulle ’n stukkie kan kry nie” (6:7). Dit was ‘n groot som geld in daardie tyd.

Jesus het Filippus tot ‘n groot oorwinning geroep, maar Filippus kon dit net nie insien nie. Dieselfde is miskien waar vir ons: God het ons geroep om groot dinge in ons wandel met Hom te verwag, maar dit verg geloof. Sal ons deur ons eie beperkings ontspoor word of sal ons God vir ‘n wonderwerk glo?

Jesus se uitdaging aan Filippus het ‘n doel gehad: “Maar Hy het dit gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self geweet wat Hy wou doen” (6:6). Christus se vertroue was gebaseer op sy sin van God se werklikheid agter elke situasie terwyl Hy sy dissipels beveel het, “Laat die mense gaan sit, want die Vader is op die punt om hierdie behoefte aan te spreek” (sien 6:10).

God vra vir jou om sy weergawe van die werklikheid te vertrou bo dit wat jy kan sien. Jou situasie hang nie af van jou hulpbronne nie, dit hang af van God s’n. “En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus” (Filippense 4:19).