‘n Blydskap in Oorgawe Gevind

David Wilkerson (1931-2011)

“Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is groot wins...Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees” (1 Timótheüs 6:6,8).

Wanneer ‘n gelowige kies om dieper met God te gaan en ‘n lewe van volle oorgawe te leef, sal hy heel waarskynlik swaarkry beleef. Hy kan miskien selfs ervaar om van sy perdjie afgegooi te word wat letterlik met die apostel Paulus (ook Saulus genoem) gebeur het. Hy het met sy selfversekerde houding gery, op pad na Damaskus, toe ‘n verblindende lig uit die hemel gekom het. Op die grond neergewerp, het hy ‘n stem uit die hemel hoor sê, “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” (Handelinge 9:4).

Hierdie woorde het Paulus teruggeneem na ‘n gebeurtenis wat maande tevore gebeur het toe hy bygestaan het toe Stéfanus gestenig was. Sedertdien het Paulus lang nagte van gejaagdheid beleef en was gefolter met onrustigheid en verwarring omdat hy iets gesien het wat sy hele wese geskud het – Stéfanus se gesig toe hy die dood in die oë gestaar het. Sy aangesig was hemels, gevul met ‘n heilige teenwoordigheid, en sy woorde was ontsaglik kragtig toe hy uitgeroep het, “Kyk, ek sien die hemele geopen en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan ... Here Jesus, ontvang my gees” (Handelinge 7:56,59). Hierdie nederige man het duidelik geen vrees vir die dood gehad nie.

Paulus, hierdie mees toegewyde Fariseërs, het besef dat Stéfanus iets besit het wat hy nie gehad het nie – iets wat hy in sy eie lewe kortgekom het. Nou, neergwerp op die grond, het hy uitgeroep, “Wie is U, Here” en Jesus het vir hom gesê, “Ek is Jesus wat jy vervolg” (9:5). Op daardie oomblik, het Paulus ‘n bonatuurlike openbaring gehad en so het sy wonderbaarlike verandering begin om ‘n toegewyde volgeling van Jesus en ‘n “uitverkore werktuig” (9:15) te word.

Let op hierdie toneel. Dit is die patroon van die oorgegewe lewe. Wanneer jy besluit om dieper met Christus te gaan, sal God ‘n Stéfanus in jou pad bring. Hy sal jou met iemand konfronteer wie se aangesig met Jesus skyn. Hierdie persoon is nie geïnteresseerd in die dinge van die wêreld nie. Hy soek nie die applous van mense nie. Hy het net ten doel om die Here te behaag. En sy lewe sal jou selfvoldaanheid en kompromie openbaar en jou diep van sonde oortuig.

Mag jou hart soos Paulus s’n wees terwyl jy oorgawe nastrewe en vir Jesus die lewe wat Hy vir jou gegee het, teruggee.

Tags