Die Najaag van God Bo Alle Ander

David Wilkerson (1931-2011)

Dit is onmoontlik om ‘n geloof te hê wat God te behaag sonder om ‘n nabyheid aan Jesus te hê wat spruit uit ‘n verlange na Hom. Hierdie soort innige persoonlike band kan slegs gevorm word wanneer ons die Here meer begeer as enigiets anders in die lewe.

Die skrywer van Hebreërs gee vir ons verskeie voorbeelde van geloofgevulde diensknegte wat naby aan God gelewe het. Laat ons saam na Abel kyk: “Deur die geloof het Abel ‘n beter offer aan God gebring as Kain, waardeur hy getuienis ontvang het dat hy regverdig was, omdat God oor sy gawes getuienis gegee het; en deur geloof spreek hy nog nadat hy dood is” (Hebreërs 11:4). Abel het op ‘n gereelde basis offers aan die Here gebring en sy offers het altyd ‘n altaar nodig gehad.

Abel het nie net vlekkelose lammers vir die offers gebring nie, maar die vet van daardie lammers ook. “En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring” (Génesis 4:4).

Die vet is hier belangrik omdat dit maklik aan die brand geslaan het en verteer was, en veroorsaak het dat ‘n soet geur opstyg. “En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir ‘n lieflike geur. Al die vet behoort aan die HERE” (3:16). Dit is n tipe gebed of gemeenskap wat vir God aanvaarbaar is, en ons bediening aan die Here in die binnekamer van gebed verteenwoordig. Die Here self sê dat sulke intieme aanbidding na Hom opstyg soos ‘n lieflike geur. “Want ons is ‘n aangename geur van Christus” (2 Korinthiërs 2:15).

Iewers langs die pad, het Abel gekies om ‘n verhouding met God na te streef, om gemeenskap en vriendskap met Hom te hê net soos sy ouers gehad het. Sy broer Kain, het ook offers gebring, maar dit was vrugte, ‘n offer wat nie ‘n altaar nodig gehad het nie aangesien daar geen vet was nie en niks om verteer te word nie. Met die gevolg dat daar geen lieflike geur was wat opgestyg het na die hemel toe nie. Met ander woorde, geen persoonlike uitruiling tussen Kain en die Here was betrokke nie. Dit is waarom Abel se offer “’n beter offer” was.

Die getroue dienskneg soek God se aanraking in sy lewe. Soos Abel, sal hy met niks minder tevrede wees nie. Hierdie dienskneg sê vir homself, “Ek is vasbeslote om vir die Here al die tyd te gee wat Hy van my in gemeenskap wil hê. Ek smag daarna om te hoor hoe sy rustige, sagte stem met my praat en daarom gaan ek in sy teenwoordigheid bly.”

Geliefde, mag jy besluit om hierdie soort dienskneg te wees.