Die Daaglikse Behoefte Aan Christus

David Wilkerson (1931-2011)

Dwarsdeur hierdie land, bid Christene vir herlewing. Baie verwag dat die Heilige Gees op hulle gemeenskap sal neerdaal en menigtes bekeer terwyl God sondaars by hulle kerke laat instroom. Hulle voel dat, omdat hulle gevas en gebid het, God outomaties herlewing sal stuur. Maar God antwoord, “Nee, Ek sal nie daardie speletjie speel nie. Jy moet persoonlik verantwoordelikheid neem om van My te getuig. Jy moet ‘n stralende manifestasie van my Seun wees en My bekend maak aan jou familie, vriende, bure en medewerkers.”

Eenvoudig gestel, herlewing begin wanneer diegene rondom jou Jesus in jou sien. Hoe kan ons skyn om ‘n manifestasie van waarheid te word? Hoe kan ons lewens duidelike toonbeelde van Jesus word sodat ons in ander ‘n oortuiging van sonde en ‘n honger na God kan veroorsaak?

Die sleutel kan gevind word in Eségiël 44. Soos Eségiël profeties in die laaste dae inkyk, sien hy twee soorte priesterskappe wat in die kerk bestaan. Een is die regverdige Sadok priesterskap – Sadok, ‘n goddelike bedienaar wat Israel bedien het tydens Dawid se heerskappy, het getrou aan Dawid gebly in beide goeie en slegte tye, en ‘n regverdige lewe gelei wat ‘n voorbeeld was vir al die ander priesters. Dan is daar die Eli priesterskap – Eli, ‘n ontroue priester wat toegelaat het dat korrupsie God se huis binnegekom het. Hy was ongehoorsaam aan God se Woord, sag teenoor sonde, lui insake heiligheid en die bediening onder hom was besoedel met sensualitet en liefde vir die wêreld.

Ons moet wees soos die seuns van Saddok wat na God se tafel kom om Hom te aanbid: “Hulle moet na My toe nader kom om My te dien en voor my aangesig staan om aan My die vet en die bloed te offer” (Eségiël 44:15). Die vet waarvan Eségiël hier praat, verteenwoordig die beste deel van ‘n offergawe – en God wil die beste deel van ons lewens hê.

Die bloed waarvan Eségiël praat, verteenwoordig ‘n lewe wat onderwerp is aan God met onvoorwaardelike toewyding. In wese, bedien ons die Here elke keer wat ons op die krag van Christus se bloed staatmaak, in elke situasie en krisis. Om Jesus se bloed aan te wend is nie net ‘n eenmalige belewenis nie, dit is ‘n daaglikse noodsaaklikheid. Ons beroep ons op die krag van sy bloed elke keer wat ons genesing, vrede in ons gemoed en reiniging nodig het, en Hy verhoor ons.

Deur hierdie dinge te doen, word Jesus volkome in jou lewe geopenbaar. Mag jy gevul word met Heilige Gees krag en diegene aanraak wat rondom jou is en die liefde van Christus bekend maak. Dit is wat ware herlewing sal bring.