Die Gevare van Verborge Sonde

David Wilkerson (1931-2011)

In Josua 7 vind ons dat die hele volk Israel in gebed ween. Die dorpie Ai het hulle pas verslaan en agtervolg. As gevolg hiervan, het Joshua ‘n biduur vir die hele dag lank belê en die mense het voor God se versoendeksel vergader om Hom te soek.

Die nederlaag by Ai, het Joshua totaal verstom. Die Israeliete het pas van 'n groot oorwinning oor die magtige Jerigo gekom en klein, nietige Ai moes ‘n maklike oorwinning gewees het. Maar nou was hulle verslaan en hy kon dit nie verstaan ​​nie. Josua het gebid, “Here, waarom het dit gebeur? U reputasie as Verlosser sal geminag word.”

Hierdie gebed kom miskien geestelik voor, maar die Here was nie gelukkig omdat Hy geblameer was nie en Hy het die vergadering kil stopgesit: “Staan op; waarom tog lê jy op jou aangesig? Israel het gesondig en het ook my verbond oortree wat Ek hulle opgelê het” (Josua 7: 10-11).

Die implisiete betekenis is: “Julle kan die hele nag en die hele dag lank bid, maar totdat julle met julle sonde afreken, sal julle aanhou om voor julle vyande nederlaag te ly.” Die sonde waarna die Here verwys het, was Agan se ongehoorsaamheid aan die duidelike boodskap van God deur diefstal te pleeg (sien 7:1). En nou het die Here vir Israel gesê: “Staan op van julle knieë af. Ek sal nie julle gebede verhoor voordat julle die vervloekte ding uit julle midde verwyder het nie.” As die Skrif sê: “Weet dan dat julle sonde julle sal uitvind” (Númeri 32:23). Dit verwys na meer as openbaring aan die publiek. Dit behels elke area van jou lewe, insluitend gebed en gemeenskap met Hom. Jesus het gesê dat die Vader geregtigheid onder die Nuwe Verbond sowel as die Oue vereis: “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie” (Matthéüs 6:14-15).

Jy mag miskien glo dat jy met Christus se geregtigheid vervul is. Jy kan ure lank bid, die Bybel elke dag bestudeer en armes bedien. Maar as jy sonde teen iemand herberg, dan mors jy jou krag. Is daar iemand in jou lewe wat jy moet vergewe? Is jy kwaad vir iemand? Die Here is gereed om vandag elke gebed te beantwoord en Hy wil jou seën soos nog nooit tevore nie. Maar jy moet sy Woord volkome glo en aanvaar wat Hy oor sonde sê. Dan sal jy weet dat God jou gebede verhoor en dat Hy gou na jou toe sal kom!