Ken Ons Herder se Stem

Gary Wilkerson

“Maar hy wat by die deur ingaan, is ‘n herder van die skape. Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by nulle naam en lei hulle uit” (Johannes 10:2-3).

Ons almal het leiding nodig vir besluite in die lewe, maar in ‘n wêreld so chaoties soos ons s’n, is dit egter nie altyd eenvoudig of maklik om goeie leiding te kry nie. Jesus maak dit egter duidelik dat dit anders is vir sy kinders. “Sy eie skape” ken sy stem ken en “luister na Hom.” Die toonbeeld wat Hy gee is dié van ‘n goeie herder wat sy skape oppas en hulle versorg.

Is dit voldoende vir die moeilike besluite wat ons almal moet maak? “Met wie gaan ek trou? Watter loopbaan moet ek volg? Wat is die doel van die roeping wat ek najaag?” Sulke besluite is belaai met spanning.

Ons Herder wil vir ons sorg en voorsien, maar ons vyand, die duiwel, wil ons besteel. Satan is daarop uit om ons kosbare geloof te vernietig en Jesus beskryf hom as ‘n dief wat by die skaapstal insluip: “Wie nie by die deur in die skaapstal in gaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower...Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes” (Johannes 10:1,10).

‘n Struikelblok wat elke Christen teëkom, is die aanloklike evangelie van ‘n valse leraar. Jesus leer, “[My skape] sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie” (Johannes 10:5). Sulke “vreemdelinge” lyk, klink en trek aan soos enige goeie herder, maar die evangelie wat hulle verkondig, lei mense geleidelik van Christus se ryk, bevredigende, “groen weivelde” af weg na die verwoesting van hulle siele.

Dit is absoluut noodsaaklik dat ons die stem van ons Goeie Herder leer ken om in staat te wees om die stemme van die valse herders te kan onderskei. En die enigste manier om valsheid raak te sien, is om die oorspronklike intiem te ken. Dit kom slegs deur onsself met die vaste spys van ons Herder te voed: “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God” (Romeine 10:17).