Is Jou Hart Onberispelik?

David Wilkerson (1931-2011)

“Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo” (1 Thessalonicense 2:10).

Paulus was ‘n effektiewe prediker wat met vrymoedigheid voor mense kon staan en getuig, “My medewerkers en ek het onberispelike lewens geleef voor julle en voor God. Ons optrede was regverdig en rein. Ek leef altyd asof sy oë op my is en julle is ook getuies van die wyse waarop ek lewe.” Hy wou hê elke gelowige moes dieselfde mag hê wat hy gehad het om mense na God te lei deur ‘n onberispelike lewe te lei. Maar hoe kan enige iemand onberispelik leef, en wat kenmerk so ‘n lewe?

  1. Die onberispelike Christen is een sonder bedrog in sy hart. Paulus het. hulle verseker dat hy nie ‘n bedrieër was en een ding gepreek het terwyl hy ‘n ander geleef het nie. Maar hy het ook gewaarsku dat sekere mense sou sê dat hulle dissipels is. “Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders” (2 Korinthiërs 11:13). Paulus het gesê, “Jy kan nie ‘n onberispelike lewe namaak nie.”
  2. Die onberispelike Christen leef ‘n rein lewe. “Want ons vermaning was nie uit dwaling of uit onsuiwerheid of uit bedrog nie” (1 Thessalonicense 2:3). Paulus se klem is hier op sensualiteit, wellus. Hy sê in wese, “Geen onrein woord het ooit by my mond uitgekom nie. My gesprekke was rein, omdat dit uit ‘n rein hart gekom het.” Iemand wie se hart gereinig is, moenie vuil grappe vertel, seksuele skimpe maak of dwalende oë hê nie.
  3. Die onberispelike Christen is sonder bedrog, wat beteken hy is nie bedrieglik of manipulerend nie. Daar is geen verborge agenda by ‘n eerlike en oop gelowige nie. “Want ons het, soos julle weet, ons nooit met vleitaal opgehou of met bedekte hebsug nie...Ook het ons nie eer van mense, òf van julle òf van ander gesoek nie” (1 Thessalonicense 2:5-6)

Wat ‘n onberispelike lewe onderskei, is ‘n begeerte om die Naam van Jesus voor alle mense te verheerlik. So ‘n Christen sou liewer sterf as om enigiets te doen wat skande op die Here sou bring. Hoewel hy nie volmaak is nie, strewe hy na die geregtigheid van Christus met geloof.

Stel jou hart daarop in om nou onberispelik te wees – vandag! Begeer dit met alles wat binne-in jou is en binnekort sal jy God se groot guns op jou lewe ontdek. Jou woorde en dade sal ‘n impak op ander hê wanneer jy jouself volkome op Jesus fokus.