God Bereik Sy Doel

David Wilkerson (1931-2011)

Die Ou Testament vertel ons van Jakob, ‘n bedrieglike, misleidende, konkelende, manipulerende, onderkruipende man – vir wie God baie lief was! Sy lewe is vol wonderlike lesse vir ons oor God se handelinge met die menslike natuur.

Laat ons by Jakob se storie aansluit waar hy vir sy lewe gevlug het van sy ouer tweeling broer, Esau. Jakob het Esau uit sy eersgeboortereg bedrieg en die “dubbele seën” van sy vader Isak, wat bedoel was vir die eersgeborene, verkry. Hierdie seën het al die vader se besittings ingesluit maar die belangrikste van alles, dit het beteken dat hy die voorvader van die aartsvaderlike nageslag sou wees waardeur Christus sou kom: “In jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word” (Génesis 28:14). Hy was ‘n direkte voorvader van die Messias!

Dit is duidelik dat hierdie spesifieke eergeboortereg van groot geestelike betekenis was en die belangrikheid daarvan openbaar die verskriklikheid van wat Esau gedoen het om die reg van die eersgeborene prys te gee vir ‘n eenvoudige pot sop. Toe Esau agtergekom het dat Jakob sy seën gesteel het, was hy vasbeslote om sy broer dood te maak (sien Génesis 27:36,41).

Dit was teen hierdie agtergrond dat Jakob vetrek het en toe hy op pad was, het God hom ‘n ontsaglike visie gegee van ‘n leer met engele daarop wat op-en-af van die troon van God klim en vir hom bidding doen (28:12). Dieselfde engele werk en bedien steeds om ons onthalwe vandag. Nadat God vir Jakob geseën het (vers 14), het hy hierdie wonderlike beloftes bygevoeg: “En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het” (28:15).

God het aan Jakob ‘n eed gegee en gesê, “Ek sal jou nooit verlaat nie, Jakob. Ek sal met jou wees elke treë van die pad. My plan sal vervul word in jou lewe, maak nie saak wat nie!” Dit is moeilik om enige geloof, goedheid of genade in Jakob te vind en tog het God iets in sy hart gesien wat sy groot liefde en ‘n begeerte om hom te seën na vore gebring het. God het verby sy gierigheid en manipulasie gekyk en geweet dat iets in Jakob se hart gewillig was om te verander.

Ons weet dat mense na die uiterlike voorkoms kyk, maar God kyk altyd na die hart. En dit is presies waarna God kyk in ons – ‘n gebroke, verslae hart waarmee Hy kan werk.