Is Jou Planne Verniet?

David Wilkerson (1931-2011)

“En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies” (Matthéüs 24:14).

Vandag probeer talle in die kerk bepaal hoe naby Christus se wederkoms is deur die tekens van die tye te lees; byvoorbeeld, die terugkeer van die Jode na Israel. Jesus sê duidelik dat die einde slegs sal kom nadat die evangelie aan alle nasies verkondig is as ‘n getuienis.

“Bewys van die werklikheid” is die definisie van die Griekse woord wat gebruik word vir “getuienis” in die vers hierbo. Christus praat hier van nie net die evangelie verkondig nie, maar om dit as ‘n getuienis aan te bied. Hy sê die evangelie wat ons verkondig is slegs effektief as dit ondersteun word deur ‘n lewe wat van die werklikheid daarvan getuig.

‘n Mens sou dink dat daar in Amerika, met sy duisende evangeliese kerke, ‘n sterk evangelie getuienis sou wees. In een groot suidelike stad alleen, is daar oor die 2,000 evangeliese kerke. Maar baie van hierdie kerke het die ware evangelie van Christus so in die verleentheid gebring dat daar bitter min van Christus se heerskappy deur die mense se lewens skyn.

Ver te veel bedienaars, beide jonk en oud, gaan oral om die wêreld om seminare, konferensies en “dinkskrums” by te woon om die sleutel te vind om groter bedienings uit te bou. Jong bedieningskenners is gewapen met grafieke en meningspeilings terwyl hulle na lesings luister oor hoe om “jou kerk te laat groei.” Ander stroom na “herlewings” met die hoop om nuwe metodes te leer hoe om die Heilige Gees op hulle kerke te laat neerdaal.

Terwyl sendinggenootskappe meer werkers uitstuur, kom te veel sendelinge binne slegs ‘n paar jaar terug, moedeloos en afgeransel omdat hulle nooit eerstehandse kennis van Christus se heerskappy of van die volheid van die Heilige Gees ontwikkel het nie. Daar is ‘n behoefte vir meer gekwalifiseerde mans en vrouens om die nasies vir Christus te wen maar slegs die teenwoordigheid en salwing van die Heilige Gees sal blywende sukses bring. Die evangelie van Jesus Christus sal verkondig word as ‘n getuienis – en dan sal die Here kom!

Geliefde, jou planne is verniet as Jesus nie op elke gebied van jou lewe gekroon is nie. Terwyl jy kennis inwin en nuwe idee’s en strategieë toepas, maak seker dat die lewe van Christus in jou bly.