Menslike Inspanning het ‘n Plafon

Tim Dilena

Met menslike inspanning en krag, kan ‘n goeie hoogspringer tot 2.3 meter spring. Maar die paalspringer is anders. Hy het ‘n paal wat hy in ‘n gat in die grond vasdruk. Hy plaas al sy vertroue en daardie paal, nie net om hom te dra nie, maar om hom hoër te lig as wat hy ooit op sy eie kon spring. Trouens, hy kan drie keer hoër spring as die hoogspringer.

Jy kan op jou eie spring en Christelike hoogspring doen, maar jy sal net só hoog spring. As jy jou egter uitstrek en dan met al jou gewig op Jesus en sy Woord steun, neem Hy jou hoër en bo-oor dinge wat jy nooit in jou eie krag sou kon oorkom nie.

Romeine hoofstuk 11 vertel die storie van Elia, wat uitgevang was dat hy hooggespring het toe hy eintlik moes paalgespring het. Hy het op sy eie krag en insigte staatgemaak in plaas van op die raad van God. Paulus vertel dat Elia tydens ‘n moeilike tyd in sy bediening gesê het, “Here, hulle het u profete doodgemaak. Hulle het u altare afgebreek en ek alleen is oor – en hulle soek my lewe!” Die goddelike reaksie het gekom, “Ek het vir Myself seweduisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie” (sien Romeine 11:3-4).

God het in wese vir Elia gesê, “Jy het jou situasie nie akkuraat beskryf nie. Dit is nie waar dat jy alleen is nie. Daar is mense wat nie onsin duld nie en net so toegewy is as jy en ook nie kompromieë maak nie.” God het in wese vir Elia, die hoogspringer gesê, “Ek ken baie mense wat aan My uitverkoop is. Jy is met sesduisend-negehonderd-negen-en-negentig uit met jou reaksie.”

Dit is wat gebeur wanneer jy jou situasie probeer assesseer met vrees, angs en jou eie persepsie. Ons moet altyd vra, “Wat het God oor hierdie situasie te sê? Is daar iets in sy Woord waaraan ek kan vashou om my hieroor te kry?”

Soek altyd ‘n reaksie van jou hemelse Vader en jy sal nooit misluk om hoër te gaan nie!

Pastoor Tim het in ‘n middestad gemeente in Detroit bedien vir dertig jaar voor hy by Brooklyn Tabernacle in New York Stad bedien het vir vyf jaar. Hy en sy vrou Cindy bedien tans in Lafayette, Louisiana.