Die Oplossing Vir Kla

Jim Cymbala

Wanneer Christene vandag blydskap beleef, het dit ‘n kragtiger impak op die wêreld as wat dit dekades gelede gehad het. Waarom? Omdat die “geregtig wees op” mentaliteit, wat so heersend in ons samelewing is, talle lei om geregverdig te voel in hulle woede. Ons kan dalk dink, “Die regering, my werkgewer, my familie – sekerlik iemand! – skuld my baie. Ek is geregtig daarop omdat my lewe swaar was. Jy het geen idee waardeur ek gegaan het nie.” Daar is dikwels ‘n diep verwerping in daardie soort klagte.

As jy internasionale sake, nasionale politiek, inbel radioprogramme, blogs, werkdispute en rasseverhoudinge noukeuring analiseer, sal jy ‘n wêreldwye epidemie van gif en bitterheid ontdek. Dit is orals en dit is jammer dat dit ook die Liggaam van Christus ingeneem het. Dit is die presiese teenoorgestelde van die blye lewe wat Jesus vir vir almal van ons beplan het. “Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word” (Johannes 15:11).

Eeue voor Jesus daardie woorde gespreek het, was daar begryp dat blydskap ‘n belangrike faset van die lewe van God se uitverkore volk was. Moses het hulle geleer dat die seën van God gegee was sodat jy moet “vrolik wees” (Deuteronómium 16:15). Om God se teenwoordigheid te geniet het ‘n selfs dieper blydskap gegee as enige materiële seën (Psalm 21:7) en God se volk moes voortdurend sy goedheid met “lofoffers” vier (Psalm 107:22).

Wanneer ‘n lied van blydskap gesing was, was dit nie net die lirieke of melodie wat daarvan ‘n aanbiddingslied gemaak het nie; die sangers moes ‘n hart vol blydskap gehad het vir alles wat die Here vir hulle gedoen het. God was meer geïnteresseerd in blye harte as in vokale vermoë – dit is waarom Dawid se gesindheid God so behaag het. Hoewel hy omring was met vyande en onder intense spanning was, het Dawid nie gekla of bitter geraak nie. Hy het liewer na die tabernakel gegaan met “lofoffers” en gesê, “Ek wil sing, ja, psalmsing tot eer van die HERE” (Psalm 27:6).

Ons Christene is vergewe, gereinig, geregverdig en geseël met die Gees – en ons sal ewig saam met Christus lewe! Blye sange, uitroepe van lof en uitbundige danksegging is sekerlik in orde. Hoewel daar ‘n tyd is om te “Laat staan en weet dat Ek God is” (Psalm 46:11), behoort ons ook te onthou om te “Jubel tot eer van God, ons sterkte! Juig tot eer van die God van Jakob” (Psalm 81:2).

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.