ie Krag van Ernstige Gebed

Gary Wilkerson

In Handelinge 12, was Petrus deur Koning Herodus in die tronk toegesluit. Duisende mense in Jerusalem was besig om gered te word deur die magtige werke van God en dit het weerklink deur die hele stad – en Herodus het bedreig gevoel. Dit is vanselfsprekend dat wanneer God ook al bonatuurlik optree deur sy kinders, dit die vyand woedend maak. Satan het Herodus reeds sover gekry om Jakobus, ‘n leier in die kerk, saam met sy broer Johannes en Petrus dood te maak.

Herodus het nou sy visier op Petrus ingestel. Toe Herodus sien dat dit die Jode welgevallig was, het hy verder ook vir Petrus in hegtenis geneem. Hy het beplan om ‘n punt te bewys deur die dapperste gelowige tereg te stel tydens die Paasfees, die kerk se heiligste viering. Hy het gedink dat hy die Christene se monde kon snoer met vrees. Toe het Herodus “hom gegryp ... in die gevangenis gesit ... met die bedoeling om hom ná die paasfees voor die volk te bring” (Handelinge 12:4). Herodus was van plan om Petrus te martel tydens publieke vertoon.  

Petrus se storie openbaar die tipes geestelike tronke wat Satan gebruik om God se kinders in toe te sluit. Die woord “gegryp” in die gedeelte beteken nie net “vang” nie. Dit dui op ‘n krag ver bokant ons eie. Petrus was nie net onder arres van ‘n regeringsowerheid nie. Hy was toegesluit deur ‘n geestelike mag wat besig was om ‘n gesaghebbende man te gebruik vir demoniese doeleindes.

Miskien is jy bekend met hierdie tipe geestelike tronk: dalk is jy op hierdie oomblik in een. Jy dink, “Here, ek het ‘n duisend keer gebid, maar niks verander ooit nie. Hoe sal ek ooit vrykom?” Of miskien bid jy vir ‘n geliefde wat in die greep van ‘n binding of verslawing is.

Maar in die volgende vers, sien ons iets wat alles verander! “So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar h et ‘n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan” (12:5).

‘n Klein groepie nederige mans en vroue het ‘n biduur gehou en die dikste tronkmure het nie ‘n kans gestaan teen hulle gebede nie. Met een fluistering van ‘n engel, was die vyande van God op die punt om so diep aan die slaap te raak, dat hulle nie sou hoor as Petrus op sy tone deur die oop seldeur loop nie (sien 12:6-7).

Ernstige, effektiewe gebed laat God optree om ysterhekke oop te maak en die gevangenes vry te laat. Ek dring by jou aan om aan te hou om ernstig te bid – vir jou geliefdes en vir almal wat jy teëkom. Jesus is gereed om ons almal te verbaas met sy reddende, verlossende, lewensveranderende liefde!

Tags