Vol Vrede Voor Jou Vyande

David Wilkerson (1931-2011)

“U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teenstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor” (Psalm 23:5).

Ons hou van die belofte om met ‘n feesmaal voor ons vyande bedien te word terwyl hulle moet toekyk. Maar presies wie is hierdie vyande? In Bybelse terme, is daar die demoniese soort en die menslike soort. In Psalm 23, verwys Dawid na demoniese vyande; wat die duiwel en al sy owerhede en magte uit die hel verteenwoordig.  

Volgens Jesus, is “die vyand ... die duiwel” (Matthéüs 13:39). Baie van ons vyande kom nie uit die hel nie. As Jesus vir ons sê om ons vyande lief te hê (5:44), praat Hy nie van die duiwel en sy hordes nie. Hy praat van mense in ons lewens wat werktuie van Satan geword het en deur hom aangewend word om ons ellendig te laat voel. Dit was Dawid se vleeslike vyande wat veroorsaak het dat hy uitroep, “Red my van my vyande, HERE! By U skuil ek” (Psalm 143:9).

Jy het dalk net ‘n paar menslike vyande of jy het dalk ‘n oorvloed, afhangende van jou invloedskring. Hoe dit ook al sy, as jy jou hart daarop ingestel het om Jesus te volg, sal jy iemand aanstoot gee. En jy sal dalk net so erg weerstaan word deur beide ongelowiges en vleeslike Christene.

Jy sal deur die duiwel en sy bose geeste as ‘n teiken gemerk word; jou vyand, die duiwel, gaan jou fisiek en geestelik aanval. En hy sal moeilikheid vir jou veroorsaak onder jou menslike vyande, as hy kan. Die Here se bonatuurlike feesmaal word selfs nog meer wonderlik omdat beide klasse vyande moet sit en toekyk hoe die Here jou bedien.

God se Woord sê van die regverdige: “Ek sal sy vyande met skaamte beklee, maar op hom sal my kroon skitter” (Psalm 132:18). God sê in wese, “Jou vleeslike vyande het gedink dit is klaarpraat met jou maar nou kan hulle net in verwondering staar terwyl Ek jou voed en seën.”

Indien jy Hom teleurstel en voel dat Satan ‘n houvas op jou lewe gekry het, wink die Here, “Kom na die feesmaal. Gaan sit en smaak my genade. Ek wil hê jy moet aan my tafel feesvier voor jou vyande.”

Tags