Veg vir Jou Kinders

David Wilkerson (1931-2011)

Vandag se kinders word op ‘n jong ouderdom versondig met seks, dwelms, alkohol, gierigheid en geweld. Ons regstelstel het God uit ons skole gesluit, maar ons kan nie ons verdorwe skoolstelsels blameer vir die verdoeming van ons kinders nie – ons hele samelewing beleef ‘n morele ineenstorting.

Alle ouers behoort hierdie verbondsbelofte te memoriseer: “Maar luister nou, my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het! So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het! Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge. En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope” (Jesaja 44:1-4).

Hierdie boodskap van belofte aan Israel is ook vir ons bedoel vandag. Sy woorde van vertroosting word gegee vir almal wat uitverkore is (vers 1), wat beteken almal wat in Christus is. God se heerlike, bindende verbondsbeloftes is vir sy regverdiges. Die beloftes is:

  • God sal water voorsien om jou dors te les: “Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond” (vers 3).
  • God sal jou laat groei en sterk word in die Here. “Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge. En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope” (verse 3-4).
  • Laastens, sê God dat jou kinders sal getuig, “Ek behoort aan die HERE” (vers 5).

Vandag het ouers meer wysheid en onderskeiding nodig as enige ander tyd in die geskiedenis. Satan het bose uitvindings en subtiele voorwendsels om teen ons kinders te gebruik en God het ouers die voogde van die huis gemaak.

God sê jou kinders sal getuig, “Ek behoort aan die HERE” (44:5). Wat ‘n ontsaglike belofte – maar hierdie beloftes is nie vir almal wat net sê, “Ek is van Christus” nie. Dit is slegs vir honger en dors ouers; hulle wat God se Woord daagliks indrink, gereeld bid en die Gees vra om sy krag en teenwoordigheid op hulle uit te stort. Maak vandag aanspraak op hierdie beloftes en doop dan jou huis en jou kinders in gebed.

Tags