Kwaad Oorsien om te Vergewe

David Wilkerson (1931-2011)

As jy sê dat jy geen vyande het nie, stel ek voor dat jy meer noukeurig ondersoek instel. Natuurlik het elke Christen ‘n vyand in Satan. Die apostel Petrus waarsku ons: “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind” (1 Petrus 5:8).

Jesus maak dit egter duidelik dat ons niks het om te vrees van die duiwel nie. Ons Here het ons al die krag en mag oor Satan en sy demoniese magte gegee: “Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie” (Lukas 10:19). Christus stel dit baie duidelik dat die stryd teen Satan reeds gewen is.

Die Griekse betekenis van die woord “verslind” wat in vers 8 hierbo gebruik word, is “om te probeer om jou met een sluk te verorber.” Petrus praat van enige saak – ‘n stryd, beproewing of versoeking – wat jou kan insluk en veroorsaak dat jy depressief, vreesagtig of moedeloos kan word. Dit verwys na ons beproewings met menslike vyande – vlees en bloed teenstanders, mense saam met wie ons miskien leef of werk.

Jy kan miskien getuig dat jy ‘n groot oorwinning in Christus behaal het. Jy het suksesvol alle versoekings en goddelose begeertes, alle wellus en materialisme en al die liefdes van hierdie wêreld weerstaan. Maar terselftertyd, word jy dalk verslind deur ‘n voorslepende stryd teen iemand wat teen jou opgestaan het en afgunstig en bitter teenoor jou is; ‘n wanvoorstelling van jou aksies en motiewe gee; jou reputasie beswadder; jou teëstaan om elke hoek en draai; en streef om God se doel in jou lewe te in die wiele te ry.

As dit jou beskryf, dan is jy reeds verslind deur ‘n vyand – ingesluk deur ‘n beproewing wat oor jou gebring is deur ‘n menslike vyand – en hierdie persoonlike aanval het jou miskien beroof van alle vrede. As jy Jesus se woorde van liefde vir mekaar lees, sal jy dalk protesteer, “Here, ek dien U met my hele hart maar moenie van my verwag om hierdie hartseer neer te lê nie. Ek kan dit net nie doen nie.” Jesus sê, “Julle moet julle vyande liefhê ... doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg” (Matthéüs 5:44).

Ons eer ons hemelse Vader wanneer ons kwaad oorsien en die sondes wat teen ons gepleeg word, vergewe. Deur dit te doen, bou karakter in ons – en die Heilige Gees bring tot ‘n openbaring van guns en seën wat ons nog nooit geken het nie.