Jesus Begeer om Naby Ons te Wees

David Wilkerson (1931-2011)

“En wie is daar van julle wat ’n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel? Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink? Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie. So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen” (Lukas 17:7-10).

Ons weet dat die meester in hierdie gelykenis, Jesus is. Die dienskneg werk die hele dag lank en wanneer hy klaar is, het hy voeding nodig. Hy verwag om te hoor hoe sy meester hom prys vir sy harde werk en vir hom voedsel bied om hom te verkwik. Maar in plaas daarvan, beveel die meester, “Sit jou voorskoot aan en bedien my eerste. Dan kan jy eet.”

Met die eerste oogopslag, klink hierdie bevel hard en veeleisend, maar niks kan verder van die waarheid af wees nie. Wat eintlik gesê word, is, “Plaas God se koninkryk eerste en dan sal al die ander dinge vir jou bygevoeg word.” Hy het reeds vir sy dissipels gesê, “Ek noem julle vriende” (Johannes 15:15). En nou sê Hy in wese, “Julle is my diensknegte, maar Ek noem julle vriende. En daar is ‘n behoefte in My wat net julle vriendskap kan vervul. Julle was heeldag in die lande om vir My te werk en julle is moeg en honger, maar Ek wil hê julle moet by my tafel kom sit – daar is soveel op my hart wat Ek vir julle wil vertel.” Dit behoort jou siening van gemeenskap en jou gebedslewe te verander.

Dit is duidelik dat hierdie gelykenis daaroor gaan om oor Christus te voed en dit is duidelik dat ons Here hierdie werk as ons hoogste roeping beskou. Jy kan miskien beswaar maak, “Ek dag ons hoogste roeping was om in die oesvelde in te gaan om te arbei.” Dit is sekerlik ‘n roeping, maar Jesus sê dit is nie die hoogste nie. “Die hoë roeping van God in Christus Jesus,” soos Paulus daarna verwys in Filippense 3:14, is om gemeenskap en intimiteit met Christus te hê.

Jesus sê, “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met Hom maaltyd hou, en hy met My” (Openbaring 3:20). Dit behoort ons diep nederig te maak dat Jesus naby ons wil wees en met ons wil praat.