Reageer op God se Oordeel

David Wilkerson (1931-2011)

“Die leeu het gebrul, wie sal nie vrees nie? Die Here HERE het gespreek, wie sal nie profeteer nie?” (Amos 3:8).

Van al die Ou Testament profete, praat Amos die duidelikste oor ons tyd. Die profesie wat hy bring, fokus op ons geslag, asof dit uit vandag se hoofberigte kom. Amos se boodskap is inderdaad ‘n dubbele profesie. Dit was nie net bedoel vir God se volk in hulle tyd nie, maar ook vir die kerk nou, in ons tyd.

Amos beskryf God as ‘n brullende leeu, gereed om Israel met oordeel te tref. Die Here het Amos gebruik om Israel op te wek met die boodskap dat God op die punt was om oordeel oor sy volk te bring as gevolg van hulle oorweldigende boosheid en verdorwenheid.

Natuurlik oordeel God nooit ‘n volk sonder om eers profetiese stemme op te rig om hulle te waarsku nie. “Want die HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie” (Amos 3:7). Nou, terwyl Amos die wolk van oordeel sien saampak het, was hy verplig om te spreek: “Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie?” (3:6). Amos se boodskap hier is ysingswekkend: “God het ‘n waarskuwingsbasuin vir sy volk geblaas maar niemand gee ag daarop nie.”

Dit is jammer dat te veel Christene Bybels ongeletterd geword het en oop is vir misleiding en dat ons nasie plesiermal geword het. Maar God het steeds ‘n heilige, afgesonderde oorblyfsel, diegene wat nie vasgevang is in wêreldse strewes nie;  hulle is gebroke voor die Here en het ‘n heilige eerbied vir Hom.

Dink aan die gebeure wat op hierdie oomblik in ons land plaasvind. Min wil ‘n boodskap hoor wat met oordeel te doen het, hoewel ons land met vrees vervul is. Mense sê selfs, “Ek kan dit nie meer hanteer nie.” Maar die Here praat wanneer Hy wil en sy Gees gee vir ons krag om sy Woord te hoor wat deur sy gesalfde dienaars verkondig word. Ons Here sal getrou sy kinders bemagtig om wat ook al mag kom, te verdra.

So, wat moet gelowiges doen? Luister na Amos se waarskuwing en doen wat sy boodskap sê: Soek die Here met jou hele hart; laat jouself deur sy Woord beoordeel te word; en bely en laat jou sonde staan. Dan sal God jou seën met onderskeiding en kan jy in volkome versekering van sy teenwoordigheid en beskerming lewe.

Tags