Waar om na Hoop te Soek

David Wilkerson (1931-2011)

“MAAR oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie; want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ’n dief in die nag” (1 Thessalonicense 5:1-2).

Paulus het vir die dissipels beskryf wat sou plaasvind wanneer Christus weer kom: “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde” (4:16-18).

Die antieke wysgere het geglo dat die aarde deur vasgestelde periodes van tyd gaan. Volgens hulle, was die aarde vernietig deur ‘n groot brand aan die einde van elke periode. Daarna was die aarde presies herstel soos dit was, sodat dinge weer oor begin het en voortgegaan het, net soos voorheen.

Met ander woorde, die geskiedenis het homself oor en oor herhaal. Dieselfde sterre het in dieselfde wentelbane gevolg, en dieselfde lewens was weer geleef met dieselfde vriende, dieselfde belange, dieselfde belewenisse. Alles was elke keer herstel, nie net eenkeer nie, maat tot in ewigheid. Menslike wesens was gebind aan ‘n ewige trapmeul waaruit daar geen onsnapping was nie.

Die apostel Petrus se woorde het direk teen hierdie denkrigting ingedruis toe hy gesê het dat, volgens God se belofte, moet Christene “volgens sy belofte nuwe hemele en ’n nuwe aarde waarin geregtigheid woon” verwag (2 Petrus 3:13). Verder, sê hy, as ons God se Woord glo, kan ons weet dat die geskiedenis na die dag van die Here se koms spoed, wanneer “die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt” (3:12).

As volgelinge van Christus, behoort ons nie oorweldig te word deur daaglikse nuusberigte of gebeure wat in ons lewens plaasvind nie, maar liewer, deur die naderende koms van ons Verlosser. Ons wêreld is sekerlik in groot onrus, maar Jesus het gesê, “En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ’n wolk, met groot krag en heerlikheid. En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is” (Lukas 21:27-28). Hy het gepraat van waar ons fokus moet wees.

Jesus kom gou, hou dus aan om op te kyk!