‘n Rustige Uur Saam Met God

Jim Cymbala

Paulus sê, “Want julle het nie ontvang ’n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is” (Romeine 8:15-16). 

Die Heilige Gees verseker ons dat God ons liefdevolle Vader is en dat Hy geen woede teenoor ons voel nie al het ons soveel keer teen Hom gesondig en Hom teleurgestel. Ons welverdiende straf was volkome deur Jesus aan die kruis gedra. Daar is nie een klad van oortreding teen ons voor sy oë nie. As ‘n liefdevolle Vader, sal Hy sy kinders tugtig, maar nie op ‘n geregtelike manier nie. Sy tugtiging word gedoen vir ons beswil sodat ons soos Christus kan word op elke gebied van ons lewe.

Tydens stilte tye van gemeenskap, maak die Heilige Gees God se liefde werklik, nie net in ons koppe nie, maar ook in ons harte. Wanneer God se Gees werk, het ons rus en vrede. Ons weet ons hoef nie te streef na ‘n persoonlike geregtigheid van ons eie om aanvaarding voor God te kry nie. Ons is verseker deur wat Jesus Christus vir ons aan die kruis gedoen het en ons kan God met vrymoedigheid nader.

Daar is tye wanneer ons egter uit voeling met God  is – wanneer ons nie die soort gemeenskap het waarna Hy verlang en ons nodig het nie. Tydens daardie oomblikke, word ek herinner aan die kerk in Laodicéa. Jesus het vir hulle gesê, “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My” (Openbaring 3:20).

Toe Jesus gevra het om ‘n maaltyd saam met hulle te hou, het Hy van sy begeerte vir gemeenskap met die kerk in Laodicense gepraat. Verbeel jou dat jy aansit om saam met die Here te eet – wat ‘n intieme en heerlike aand sou dit wees! Robert Murray M’Cheyne, ‘n bedienaar in die Kerk van Skotland in die eerste helfte van die negentiende eeu, het gesê, “’n Rustige uur saam met God is ‘n hele leeftyd met ‘n mens werd.”

Ons hoef ons nie verbeel hoe die maaltyd sal wees nie. Daardie soort gemeenskap is beskikbaar vir ons te enige tyd van enige dag deur die Gees. Ons hoef net te vra.

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.