Van Wanhoop tot Bestemming in Jesus

Claude Houde

Jesus sien en weet wat ons kan verwoes. Hy is die Alfa en die Omega, die eerste en die laaste bladsy van ons bestaan. Hy word nooit verstom deur ons foute, ons geheime en ons mislukkings nie. Hy “ontdek” nooit iets oor ons nie – Hy het alle kennis en alle liefde en Hy verloor nooit moed met ons en ons toekoms nie.

Dit word pragtig geïllustreer in die verhouding tussen Jesus en die vrypostige Petrus. Petrus het dapper ewige lojaliteit verklaar toe hy gesê het dat hy Jesus nooit in die steek sou laat nie: “Selfs al laat ander U in die steek, ek sal by U bly, selfs tot my dood toe!” (sien Lukas 22:33).

Later, het Petrus natuurlik ontken dat hy die Here ken en het so ver gegaan om sy Naam te laster om te bewys dat hy nie saam met Hom gewandel het nie. Toe hy die verskriklike geluid van die haan wat kraai, hoor, het dit gevoel of ‘n dolk in Petrus se siel gesteek het en hy het bitterlik geween toe hy besef het hy het in die satanies strip getrap. Hy het weggestrompel en beplan om alles te laat vaar om terug te gaan na sy vissersboot toe – om terug te keer na die nette van sy verlede, in ‘n toestand van diepgaande gelatenheid, gevangenskap en wanhoop.

Diegene wat Petrus geken het, kon vir jou sê dat hy ‘n “grootprater” was wat klaaglik misluk het as dinge op die spits gedryf word – net nog ‘n storie van vermorste potensiaal. Maar Jesus was vurig oor die visie dat Petrus ‘n man van God sou word, ‘n man van moed en ewige invloed. En nou het Jesus die somber bedreiging, demonies, donker, dreigend en verwoestend oor Petrus sien hang.

Jesus is nie naïef soos ‘n liefdevolle mammie wat soms blind is as gevolg van onrealistiese liefde wat veroorsaak dat sy al haar objektiwiteit oor “haar baba” verloor nie. Nee, in teendeel, Jesus het duidelik bonatuurlik voorspel deur die Heilige Gees dat Petrus verander sou word vir triomf: van geween tot aanbidding; verloëning tot verlossing; swakheid tot geloof; laster tot seën; verwoesting tot herlewing; van amper dood tot gesag en bestemming!

En dit is hoe Jesus jou sien! Hy sien nooit net wat jy is of wat jy tans is nie, Hy sien wat jy kan word deur geloof in Hom. “Want nie wat dit méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan” (1 Samuel 16:7).

Claude Houde is the hoofpastoor van Eglise Nouvelle Vie (Nuwe Lewe Kerk) in Montreal, Kanada. Onder sy leierskap het Nuwe Lewe Kerk gegroei van ‘n handjievol mense tot meer as 3500 in ‘n deel van Kanada met min suksesvolle Protestante kerke.