Jou Redding Was Nie Toevallig Nie

David Wilkerson (1931-2011)

“Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ‘n plek in die hemel gegee” (Efésiërs 2:4-6).

As Christene, glo ons in die opstanding van Jesus Christus. Dit is opstandingsliefde as God se Gees na die strate gaan en die arme sondaar bereik en hom verander. Vandag leef daar baie mense op die strate – party is haweloos, party verslaafdes, pary prostitute – en Jesus wil hulle aanraak met nuwe lewe – sy opstaningslewe.

Dwarsdeur die wêreld in gemeentes, groot en klein wat die evangelie verkondig, verander nuwe lewe in Christus sondaars. Geestelik dooie mense word verander, omdat alles in Christus nuut word: “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword” (2 Korinthiërs 5:17).

Gebeure wat deur die Gees gereël word, word dikwels na verwys as “goddelike afsprake.” Wat het veroorsaak dat jy die eerste keer in ‘n kerk ingeloop het? Wat het jy verwag toe jy ‘n kerkdiens bygewoon het? Het jy met ‘n oop hart gegaan? Het jy gehoop dat iets jou siel sou binnedring en vrede tot jou spreek? Het jy gehoop om diep aangeraak en vertroos te word?

Waar jy ook al was toe jy die boodskap van verlossing gehoor het, dit was nie net toevallig nie. Die genadige Gees van Christus het jou daarheen gelei. Trouens, Hy het jou vir ‘n geruime tyd op sy radar gehad. Soos God vir ons sê, “Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies” (Johannes 15:16).

Ons Here is soewerein. Hy speel nie met die lewens van mense nie. Hy kan die hemel en aarde beweeg om sy planne te vervul, en Hy het jou net daar waar jy is, geplaas om beide jou te red en sy plan vir jou lewe in werking te stel.

Hoe wonderlik om te weet dat Hy ons so lief het dat Hy ons sou kies om saam met Hom te leef tot in ewigheid as ons reageer op sy roepstem.

Tags