Vertrou op God in Jou Stryd

Gary Wilkerson

Sommige van julle sukkel al lank met ‘n gewoontepatroon van sonde. Jy het gebid; jy het gehuil; jy het op bevryding gehoop; jy het gevas; jy is deur berading; jy het dit aan vriende bely; jy behoort aan ‘n aanspreeklikheidsgroep.

Maar daardie ding is nog steeds soos ‘n doring in jou hart. Dit val jou kragtig aan en jy wonder: “Wanneer sal ek ooit vry wees hiervan?”

Wel, ek sou voorstel dat hierdie doring gebore kan word uit ‘n Absalom-gesindheid in jou lewe. Hierdie gesindheid is wanneer ons ons volle vertroue in God verloor, wanneer ons skielik nie seker is of Hy voldoende is nie. Dit is wanneer ons nie meer sê: “Wat ook al die probleme is wat ek beleef, ek sal volkome op my Here vertrou.”

Miskien besef jy nie hoeveel God al vir jou gedoen het nie, dat Hy so lief is vir jou dat Hy aan die kruis die oorwinning behaal het, dat sy krag vir jou voldoende is. God sê: “Byt vas! Dit werk vir jou, maar jy voel dat dit teen jou werk, en daarom het jy ‘n opstandige Absalom-gees in jou lewe toegelaat.”

As jy vry wil wees van daardie gewoontepatroon van sonde in jou lewe, moet jy met die Absalom-gesindheid afreken en sê: “God, ek gaan U vertrou. Ek gaan in U glo en saam met U leef, maak nie saak wat nie.”

As dit lyk asof dinge weerhou word, is dit vir ons eie beswil. Die beproewinge en toetse van jou geloof is besig om jou in groter mate op God te laat vertrou in jou lewe. Dit word voor jou gestel om jou te help groei in volwassenheid, standvastigheid en krag. Vertrou op God se goedheid en plan met jou lewe!

Tags