Die Probleem aan Jesus Oorgee

David Wilkerson (1931-2011)

“Toe Jesus dan sy oë opslaan en sien dat 'n groot menigte na Hom kom, sê Hy vir Filippus: Waarvandaan sal ons brood koop, sodat hierdie mense kan eet? Maar Hy het dit gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self geweet wat Hy wou doen” (Johannes 6: 5-6). Jesus het Filippus eenkant toe geneem en gesê: “Filippus, hier is duisende mense. Hulle is almal honger. Waar gaan ons genoeg brood koop om vir hulle kos te gee? Wat dink jy moet ons doen?”

Hoe ontsaglik liefdevol van Christus. Jesus het heeltyd geweet wat Hy gaan doen; die vers hierbo sê dit vir ons. Die Here het egter probeer om vir Filippus iets te leer, en die les wat Hy Hom geleer het, is vandag op elkeen van ons van toepassing. Dink daaraan: Hoeveel mense in Christus se liggaam sit die helfte van die nag regop en probeer om hul probleme op te los? Ons dink: “Miskien sal hierdie ding werk. Nee, nee .... Miskien sal daardie ding dit oplos. Nee….”

Filippus en die apostels het nie net ‘n broodprobleem gehad nie. Hulle het ‘n bakkeryprobleem gehad ... en ‘n geldprobleem ... en ‘n verspreidingsprobleem ... en ‘n vervoerprobleem ... en ‘n tydprobleem. Tel dit alles bymekaar en hulle het probleme gehad wat hulle nie eers kon voorstel nie. Hulle situasie was absoluut onmoontlik.

Jesus het heeltyd presies geweet wat Hy gaan doen. Hy het ‘n plan gehad. En dieselfde geld vir jou probleme en moeilikhede vandag. Daar is ‘n probleem, maar Jesus ken jou hele situasie. En Hy kom na jou toe en vra: “Wat gaan ons hieraan doen?”

Die regte antwoord van Filippus sou wees: “Jesus, U is God. Niks is by U onmoontlik nie. Daarom, ek gee hierdie probleem aan U oor. Dit is nie meer myne nie, maar U s’n.”

Dit is presies wat ons vandag, te midde van ons krisis, vir ons Here moet sê: “Here, U is die Een wat wonderwerke doen en ek gaan al my twyfel en vrese aan U oorgee. Ek vertrou hierdie hele situasie, my hele lewe, aan u sorg toe. Ek weet dat U nie sal toelaat dat ek beswyk word nie. Trouens, U weet reeds wat U aan my probleem gaan doen. Ek vertrou op U mag.