Aanvaar die Vader se Spesiale Liefde

David Wilkerson (1931-2011)

Die meeste Christene weet wat die Bybel sê oor God se groot liefde vir sy kinders, maar baie mense het nog nooit geleer om daardie liefde toe te eien nie, selfs na jare van getrou saam met Jesus lewe. Daar is toegewyde dienaars van God wat nog nooit die heerlike ervaring en voordele daarvan geniet het om die Vader se liefde te ken nie – en niks maak God meer hartseer nie.

God het Homself aan Moses op hierdie manier beskryf: “HERE, HERE, barmhartig en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierendheid en trou, wat goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe” (Exodus 34:6-7).

God wou hê Moses moes weet dat Hy genadig, barmhartig, lankmoedig en vergewensgesind is. Ons word baie geleer omtrent hierdie dinge; trouens, van die begin tot einde praat die Bybel van hoe liefdevol en teer ons Vader se hart teenoor ons is. Maar wanneer ons in die middel beproewinge en verdrukkings vasgevang is, vergeet ons dikwels wat God van Homself gesê het.

Die Skrif sê van die Here weer en weer:

  • Hy is gereed om te alle tye te vergewe. “Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep” (Psalm 86:5). 
  •  “Die HERE is vir almal goed, en sy barmhartighede is oor al sy werke” (Psalm 145:9). Hy is geduldig met ons, vol teerheid en genade. “HERE, u barmhartighede is menigvuldig” (Psalm 119:156). “Dat die Here vol medelye en ontferming is” (Jakobus 5:11).
  • Hy is stadig om kwaad te word. “Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid” (Psalm 103:8). “Bekeer julle tot die HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid” (Joël 2:13).

Die Here wil hê ons moet Hom nader met volle oortuiging dat Hy ons liefhet. En Hy wil hê ons moet weet dat Hy alles is wat Hy sê Hy is. Dit is die rede waarom die Satan ons ‘n leuen sal probeer laat glo oor ons Vader. As jy aangeneem is in God se familie deur Christus, moet jy weet hoe spesiaal jy vir Hom is. Jy is die ontvanger van die Vader se spesiale liefde vir sy kinders.

“Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig ... nou (is julle) die volk van God; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is” (1 Petrus 2:9-10).

Tags