Lewe op die Strydveld

Jim Cymbala

“Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel ... Behalwe dit alles, neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus” (Ephesians 6:11,16, AFR53).

Paulus leer ons hier aangaande die stryd waarin ons is en wat ons nodig het om daarin te oorwin, wat ons moet optel of aantrek. Let op, jy kan nie net erken dat daar wapenrusting is nie. Die Skrif sê nie “bestudeer die wapenrusting van God” nie. Daar staan: “Trek die wapenrusting van God aan!”

Dit is een van die probleme vir baie Christene van vandag. Ons is besig met ‘n soort geestespositivisme en valse triomfalisme, waar dit vir ons moeilik is om te praat oor wat regtig in die lewe aangaan. Ons is almal betrokke by oorlogvoering. Paulus was betrokke by hierdie stryd, en hy is een van die vernaamste Christene waarvan ons nog ooit gehoor het. As een van die vernaamste Christene dus praat oor ons stryd teen die demoniese magte wat onder Satan opgestel is, moet ons daarop ag gee.

Dit is in ons gedagtes waar die oorlogvoering plaasvind, versoekings om te sondig, om moed te verloor, fluisteringe van wanhoop en om ons oë van Christus af te haal.

As jy iemand hoor wat geestelik roem – “Ek is op ‘n plek waar ek nie eens deur die vyand versoek word nie. Ek het oorwinning op elke plek waar ek net my voet neersit.” – moet hulle nooit glo nie. Ons is almal in ‘n stryd. Ons word almal versoek. Ons almal stry teen moedeloosheid. Ons moet almal elke dag vir God om genade vra. Ons het genade nodig omdat ons almal foute maak.

Moenie vir my sê dit is nie ‘n werklikheid nie, want die slagveld lê besaai met mense wat eens die evangelie verkondig het! Vergeet daarvan om net ‘n Christen te wees. Dit was predikers en kerkleiers, en nou is hulle êrens in rehabilitasie of het hulle groot skandale en ‘n warboel in hul kerk en stad geskep.

Sommige mense verloor in hierdie stryd. Hulle trek nie die volle wapenrusting aan nie. Iewers het die vyand toegang gekry. Die pyl steek vas. Elke dag moet ons nie die stryd waarin ons tans verkeer uit die oog verloor nie. Ons moet mekaar aanmoedig met hierdie teksgedeeltes en mekaar effektief help stry as oorlog rondom ons woed.