Krag in Siedende Strome van Swaarkry

David Wilkerson (1931-2011)

Baie gelowiges wil nie glo dat hulle swaarkry of lyding sal beleef nie, maar die Skrif se boodskap aan ons is baie anders.

  • “Laat die waterstroom nie oor my loop en die diepte my nie verslind nie...Verhoor my, o HERE, want u goedertierenheid is goed...verberg u aangesig nie vir u kneg nie; want ek is benoud” (Psalm 69:16-18). Dit is duidelik dat waters van verdrukking oor die lewens van die godvresendes stroom.
  • “Want U het ons getoets, o God, U het ons gelouter soos ‘n mens silwer louter. U het ons in die net gebring, ‘n swaar las op ons heupe gelê...ons het in die vuur en in die water gekom” (Psalm 66:10-12). Wie laat ons in ‘n net van verdrukking kom? God self doen dit.
  • “Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord...Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer” (Psalm 119:67,71). Hierdie vers maak dit baie duidelik. Dit is goed vir ons – dit seën ons selfs – om verdruk te word.

Beskou die Psalmdigter se getuienis: “Ek het lief, want die HERE hoor my stem, my smekinge...Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind. Maar ek het die Naam van die HERE aangeroep: Ag, HERE, red my siel” (Psalm 116:1-4). Hier was ‘n getroue dienaar, wat God liefgehad het en groot geloof gehad het. Tog, het hy die smart van lyding probleme en dood beleef.

Ons vind hierdie tema regdeur die Bybel. God se Woord stel dit duidelik dat die pad na geloof deur die vloede en die vure is: “Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit...Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis” (Jesaja 43:19). “As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur riviere – hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie” (Jesaja 43:2). “Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou” (Jesaja 41:13).

Hierdie laaste vers bevat ‘n belangrike sleutel: in elke woestyn wat ons beleef, hou ons Vader ons hand vas, maar net diegene wat deur die woestyn gaan, ontvang hierdie hand van vertroosting. Hy strek dit uit na diegene wat gevang word in siedende strome van swaarkry.