Geloof Bo Wonderwerke

David Wilkerson (1931-2011)

Daar kom ‘n tyd wanneer sekere situasies in die lewe buite menslike hoop is. Daar is geen raad, geen dokter, geen medisyne of enigiets anders wat kan help nie. Die situasie het onmoontlik geword. Dit vereis ‘n wonderwerk, anders sal dit in verwoesting eindig.

Op sulke tye, is die enigste hoop wat oorbly, vir iemand om by Jesus uit te kom. Daardie persoon moet die verantwoordelikheid neem om Jesus aan te gryp en hulle moet vasberade wees: “Ek gaan nie hier weg tot ek van die Here hoor nie. Hy moet vir my sê: ‘Dit is verby. Gaan nou.’”

In die Evangelie van Johannes, vind ons presies so ‘n gesin in ‘n krisis: “En daar was ‘n seker koninklike beampte wie se seun in Kapérnaüm siek was” (Johannes 4:46, AFR53). Dit was ‘n vername gesin, maar ‘n gees van dood het oor die huis gehang terwyl die ouers hulle sterwende seun versorg het.  Iemand in daardie geteisterde gesin het geweet wie Jesus was en het gehoor van sy wonderwerkende krag. Die boodskap het by daardie huishouding uitgekom dat Christus in Kana was, ongeveer vyf-en-twintig myl daarvandaan. Uit desperaatheid, het die vader dit op homself geneem om by die Here uit te kom. Die Skrif sê vir ons: “Toe hy hoor dat Jesus uit Judéa in Galiléa gekom het, gaan hy na Hom” (Johannes 4:47).

Die Bybel sê, hy “vra Hom om af te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelê” (4:47).  Wat ‘n wonderlike toonbeeld van voorbidding. Hierdie man het alles gelos om die Here te soek om ‘n boodskap te gee.

Christus het hom geantwoord: “As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie” (Johannes 4:48). Wat het Jesus hiermee bedoel? Hy het in wese vir die koninklike beampte gesê dat ‘n bonatuurlike verlossing nie sy grootste behoefte was nie. In plaas daarvan, was die nommer-een saak, die man se geloof.

Christus het meer van hierdie man en sy gesin begeer. Hy wou hê dat hulle moes glo dat Hy God in die vlees was. Daarom het Hy in wese vir die koninklike beampte gesê: “Glo jy dit is God wat jy smeek oor hierdie nood? Glo jy dat Ek die Christus, die Verlosser van die wêreld is?” Die koninklike beampte het geantwoord: “Here, kom af voordat my kind sterwe” (Johannes 4:49). Op daardie stadium, moes Jesus geloof in hierdie man gesien het. Dit was asof Jesus gesê het: “Hy glo dat Ek God in die vlees is” omdat ons volgende lees: “Gaan, jou seun lewe!” (Johannes 4:50).