In die Aangesig van Mislukkings

Claude Houde

Verskeie studies in sosiologie en ander opvoedkundige wetenskappe demonstreer dat ‘n oorbeskermende kind wat alles gespaar is en slegs oorwinnings ken, homself in ‘n nadelige posisie of selfs in ernstige gevaar bevind wanneer die groot beproewings van die lewe hom of haar tref.

Dit is natuurlik om jou kinders te wil beskerm, maar een van die mees buitengewone vaardighede wat ons geroep is om vir ons families te ontwikkel, is ‘n gesonde, Bybelse uitkyk van hoe om deur beproewings te gaan.

Laat ons nie bang wees nie. Moenie wanhopig raak te midde van mislukkings, beproewings, gebreke, vertragings of woestyne waardeur ons gaan nie. Dit is kragtige gereedskap in die hande van God om tot die harte van ons kinders te spreek en ons te vorm en ons te verander. Jou gesin moet vandag die stem van God hoor wat sê: “Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie” (Josua 1:5), “Ek is die Alfa en die Oméga” (Openbaring 22:13), en “Ek is steeds aan die werk! My genade kom nooit tot ‘n einde nie; dit word elke more nuut” (sien Klaagliedere 3:23). “Die ellendiges en behoeftiges soek water, maar daar is nie; hulle tong verdroog van dors; Ek, die HERE, sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie” (Jesaja 41:17).

Laat ons God nie beperk nie. In plaas daarvan, laat ons kyk na hoeveel mans en vroue in die Bybel – Abraham, Moses, Dawid, Gideon, Josef, Petrus, Paulus, Maria, Sara, Ester – gevorm, vertroos, verander en gebruik was deur God ten spyte daarvan dat hulle lewens vol beproewings en mislukkings was waarvan hulle herstel het.

“Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou vermelte. Erken dat die wysheid só is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar ‘n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie. Loer nie, o goddelose, op die woning van die regverdige, verwoes sy verblyfplek nie. Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk” (Spreuke 2:13-16).

Onthou hierdie week dat ongeag hoeveel keer jou knieë knak, God sal jou oprig. In lyding is daar baie goeie dinge vir ons en ons kinders, beide vir nou en in die toekoms.

Claude Houde is the hoofpastoor van Eglise Nouvelle Vie (Nuwe Lewe Kerk) in Montreal, Kanada. Onder sy leierskap het Nuwe Lewe Kerk gegroei van ‘n handjievol mense tot meer as  3500 in ‘n deel van Kanada met min suksesvolle Protestante kerke.