Die Sleutel om te Floreer

David Wilkerson (1931-2011)

Ek was gelei om Openbaring 9:1-12, die hoofstuk oor die sprinkane, te lees en te bestudeer. Terwyl ek vers 4 gelees het oor God se opdrag aan die sprinkane om niks groen te vernietig nie, het gedagte by my opgekom.

Ek het besef dat die sleutel om veilig te bly in enige tyd van vrees, is om “groen te bly.” Dawid het geskryf: “Maar ek sal wees soos ‘n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd” (Psalm 52:10, AFR53). Die “groen” waarna David hier verwys, dui op geestelike gesondheid. Dit beteken om te floreer, te groei en vrugbaar te wees. David sê vir ons in wese: “My gesondheid kom van vertroue op God. Ek floreer omdat ek my tot Hom wend. My vertroue in Hom bring geestelike lewe in my voort.”

Hier is ‘n heerlike waarheid oor die krag om groen te bly. “So sê die Here: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die Here afwyk. En hy sal wees soos ‘n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, 'n brakkerige en onbewoonde land” (Jeremia 17:5-6).

Die Here waarsku ons, “Moenie op die mens vertrou nie. As jy jou vertroue in menslike krag stel eerder as in My, sal jy vervloek wees.”

Die gedeelte gaan egter verder om te beskryf wat ons geloof sal oplewer as ons op die Here vertrou. “Geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is. Want hy sal wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en wortelskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie” (Jeremia 17:7-8).

Terwyl ons volkome op die Vader vertrou, skiet ons wortel in sy rivier en sy goddelike krag – sappige, groen, geestelike gesondheid – vloei in ons en deur ons. Terwyl alles om ons verweer, sal ons floreer soos groen bome, gesond en sterk. Wanneer die uur van beproewing aanbreek, sal ons nie kwyn of verwelk nie. In plaas daarvan, sal ons geloof groei.