Bewaar vir God se Doel

David Wilkerson (1931-2011)

“Bewaar my, o God, want by U skuil ek” (Psalm 16:1).

Die Here is met waar ons ook al is: by die huis, by die werk, by die kerk, terwyl ons inkopies doen. Hy is met ons in ons motors, op vliegtuie, op snelweë. Dawid sê dat God ons van die bose bewaar, ons veilig hou van aanvalle en siektes – kortliks, God het belowe om elke moontlike wapen teen sy kinders te stuit.

“Red my, HERE, van die kwaaddoeners ... Bewaar my, HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot ... Ek weet dat die HERE die regsaak van die ellendige, die reg van die behoeftiges sal behartig. Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal voor u aangesig woon” (Psalm 140:2,5,13-14).

Aan die begin van hierdie psalm, smeek Dawid God om hom van gewelddadige mense te bewaar. Die woord wat Dawid gebruik vir bewaar hier, beteken om te beskerm van dit wat verborge, weggesteek, geheim is. God sê in wese vir ons, “Ek het elke area van jou lewe onder beheer, selfs dinge wat jy nie kan sien nie. Jy kan veilig in My rus.”

As jy dit moeilik vind om God se begeerte om jou te bewaar te aanvaar, lees Psalm 37: “Deur die HERE word die gange van ’n man bevestig, en Hy het ’n welbehae in sy weg. As hy val, dan stort hy nie neer nie; want die HERE ondersteun sy hand” (37:23-24).

God bewaar jou omdat Hy ‘n plan vir jou het. Hy het vir jou ‘n goddelike werk beplan wat slegs ‘n gelouterde, getoetse, beproefde gelowige kan verrig. Die aanvalle teen die World Trade Center op 11 September 2001, het ons samelewing met vrees gevul en het daartoe gelei dat louwarm Christene tot God uitgeroep het soos nog nooit tevore nie. Vandag beleef ons nuwe kwessies wat veroorsaak dat mense bid, “Here, plaas ‘n muur rondom my. Stap saam met my, bewaar my, hou u oog op al my treë.” En God, in sy getrouheid, doen presies dit!