Bekoor deur die liefde van Jesus

Gary Wilkerson

“Paulus, ’n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Éfese is, en die gelowiges in Christus Jesus: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus!” (Efésiërs 1:1-2). Paulus was God se uitverkorene, was geroep uit die lewe wat hy geleef het en tot iemand anders verander. As hy die heiliges hier aanspreek, gaan hy oor in ‘n lang seën en praat oor alles wat in sy hart is aangaande die grootheid en goedheid van Jesus (sien verse 3-14).

Hoewel Paulus ‘n geleerde man was, het hy niemand probeer beïndruk met sy kennis, soos teoloë dikwels doen nie. Hy het uiting gegee aan die roepstem van sy hart, sy passie vir God en wat Hy vir hom gedoen het. En hy het die Vader verheerlik!

In Handelinge 9, gee die wonderwerk wat God in Paulus se lewe gedoen het aan ons ‘n kykie na waarom hy Christus verhef het met soveel passie en suiwerheid en ywer. Dit was vir hom nie net teologie nie, nie droë leerstellinge om oor te debatteer nie, maar dit was ‘n werklikheid – iets wat Jesus in hom persoonlik bewerkstellig het. Net soos Paulus oortuig was dat hy God se werk gedoen het toe hy uitverkoop was aan sy ou vorm van geloof – en dreigemente uit sy giftige hart teenoor die dissipels van Christus geuiter het – net so was hy nou volkome verander, verbind en bekoor met die liefde van Jesus, sy Verlosser.

Paulus was vol hoogmoed toe Jesus ingegryp het en die hele wese van wie hy was verander het. Die lig uit die hemel het hom verblind terwyl hy steeds dreigemente geuiter het teenoor die volgelinge van Christus en hy was op die grond neergeslaan – blind. Hy het uit daardie goddelike ontmoeting gekom met ‘n verstommende getuienis van die onweerstaanbare liefde en genade van Jesus Christus.

Paulus het gesê, “Genade vir julle en vrede van God.” Is jou lewe omgekeer en op ‘n nuwe pad geplaas? Beleef jy God se genade en vrede in jou lewe? Hoe wonderlik om te weet dit is ‘n gratis geskenk van jou Vader en joune om in besit te neem deur Jesus Christus.

Tags