Drie Gebreekte Bene

Tim Dilena

 

Toe ek jare gelede die kerk in Detroit geplant het, het ons ‘n gebedsbyeenkoms op ‘n Vrydagaand begin. Dit het bestaan uit twee dames wat gebid het, een man wat net daar gesit en Bybellees het, ‘n duiwelbesetene man wat in die hoek gemanifesteer het, en ek wat daar gesit en gedink het: “Dit is die slegste gebedsbyeenkoms in die land, en as ek nie die predikant was nie, sou ek nie gekom het nie.”

Hierdie twee dames het ‘n man op straat gekry wat die vorige aand geslaan was en drie ribbes gebreek het. Hulle het vir hom gesê: “Jy gaan na ons gebedsbyeenkoms toe kom, en jy sal genees word tydens die gebedsbyeenkoms.”

Dus het hulle ingestap en vir my gesê: “Pastoor, ons het ‘n man gebring wat genees gaan word.” Ek het gedink, “Nie tydens hierdie gebedsbyeenkoms nie.” Boonop het ek nie eers gevoel ek was goed daarmee om te bid dat mense gesond word nie. Ek het gevoel soos soveel keer as ek hande op iemand lê en niks gebeur nie. Net om myself te beskerm, sou ek dinge sê soos: “God, laat hulle gesond word, as dit u wil is.”

Nie net dit nie, maar die apostel Paulus ondersteun my! “En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge” (Romeine 8:26, AFR53, my beklemtoning).

Die man met die gebreekte ribbes het gesê: “Ja, ek wil gesond word.”

Ek het gedink: “O, wonderlik...” Ek het hande op hom gelê, so ook die dames en selfs die man wat Bybel gelees het. Hy het gekreun. Ek het gesê: “God, die werklike genesing wat hy nodig het, is van die hart, maar as dit u wil is (daar is die fynskrif), genees hom.” Dit was nie eers ‘n goeie gebed nie.

Die ou het skielik oor homself gevryf. “Ek is genees.”

Ek het gesê: “Nee, jy is nie.”

Hy het begin verbande afskeur en gesê: “Ek is ernstig. Ek is genees. Gee my ‘n hou!”

Ek was buite myself. ‘O wee, dit werk! Dit is wonderlik.”

Dit is waarom ek baie lief is vir wat William Cowper in die 1700’s gesê het: “Satan bewe as hy die swakste gelowige op hulle knieë sien.” Gebed is nie ‘n kwessie van ons nie; dit gaan oor God wat deur ons bid. Die enigste manier om in gebed te misluk, is om dit nie te doen nie.

Nadat hy ‘n middestad gemeente in Detroit vir dertig jaar lank bedien het, het Pastoor Tim vir vyf jaar by Brooklyn Tabernacle in New York Stad en vir vyf jaar in Lafayette, Louisiana bedien. Hy het Senior Pastoor van Times Square Kerk geword in Mei 2020.