Uit Die Put

Toe ek ‘n tiener was, het ek my somers gespandeer deur uit te help op ‘n plaas in Texas. Die plaasbestuurder, Jimmie, was ‘n groot, frisgeboude ou wat beperkte sig gehad het, maar hy het geweet hoe om allerhande dinge te doen. Jimmie het my geleer hoe om strooi te sny en aan te ry, byvoorbeeld en ook hoe om pille in koeidele in te sit (Ja, Jimmie het baie van baie dinge geweet.)

Eendag was ons besig om saam grond te skuif in ‘n ses voet diep gat vir ‘n put. Tydens ‘n waterbreuk, het Jimmie homself misreken met waar die diep gat was en daarnatoe getree. My mond was te vol water om hom te waarsku — en Jimmie het ingeval. Ek was bang dat hy dalk iets gebreek het met die diep val. Ek het opgespring om hom te help — maar toe ek opkyk, was Jimmie klaar besig om doodluiters uit die gat te klim. Dit was asof niks gebeur het nie. Hy het nie eers die grond van homself afgeskud nie; hy het net vir my gewaai om terug te keer werk toe.

Dit was Jimmie se lewe. Hy was ‘n ou met verskeie putte daagliks voor hom: Jimmie was nie net besig om sy gesig te verloor nie — hy was ook besig om sy gehoor te verloor. Jimmie het egter uit elke put waarin hy geval het uitgeklim en aanhou vorentoe beweeg asof hy verwag het dat dit alles sou gebeur. Vir my is Jimmie ‘n voorbeeld vir elkeen in die liggaam van Christus. Ons het elkeen putte waarin ons val — dit is hoe die lewe is — maar God se woord wys dat ons as Christene ons putte deur die oë van geloof moet sien.

Miskien is jy op die oomblik in ‘n put vasgevang. Dit kan ‘n moeilike verhouding wees, ‘n finansiële gat, ‘n siekte — iets waarin jy al vir ‘n ruk lank vasgevang is — en jy wonder of jy ooit in staat sal wees om te kan uitklim. Jou eens noue wandel met Christus voel soos ‘n droom van lank gelede. Maar God het iets kragtigs om aan jou te sê oor jou huidige put.

Josef se storie in Génesis bevat alles wat ons nodig het om te weet oor die putte waarin ons val. Twee woorde herhaal hulleself regdeur die verhaal van Josef: “droom” en “put.” Amper elke keer wat Josef ‘n droom gehad het, het dit tot ‘n put gelei. Sommige putte word gegrawe deur ander wat wil sien hoe ons val, of om ons op een of ander rede te na te kom. Dit het met Josef gebeur: Sy broers het hulle mes in vir hom gehad, en hulle het hom letterlik in ‘n put gegooi met die hoop om hom te sien sterf.

‘n Tweede soort put is die tipe wat ons vir onsself skep. Ons mag terugval in ‘n ou sondige gewoonte of ongesonde lewenstyl wat ons in sirkels laat loop. Ons vind onsself dwalend en swerwend, terwyl ons verder weg beweeg van die oorvloedige lewe wat God vir ons voorsien het. Ander Christene mag sê dat ons die put waarin ons is, verdien, omdat ons dit self geskep het.

Dit maak nie saak watter soort put ons in is nie. Ons genadige God maak vir ons ‘n weg om uit elkeen van hulle uit te kom: “Watter mens sal daar onder julle wees wat een skaap het, en as dit op die sabbat in ‘n sloot val, dit nie sal gryp en uithaal nie?” (Matthéüs 12:11). Jesus sê, “Dit maak nie saak of jy jou eie put gegrawe het nie. Selfs die wet sal My nie keer om jou daar uit te haal nie.”

Sommige putte word eenvoudig net op ons geforseer. Miskien kom jy uit ‘n disfunksionele huis waar chaos geheers het. Josef se storie lees soos ‘n episode van “Cops.” Een van sy broers was ‘n verkragter. Ander was moordenaars wat probeer het om Josef dood te maak en het hom uiteindelik as slaaf verkoop. Selfs, Jakob, sy eie pa, het nagelaat om in te tree toe Josef deur sy broers geteister was. Josef het ‘n prys betaal vir sy familie se disfunksie, selfs al het hy niks gedoen om dit te verdien nie.

Beskryf dit jou? Jy is al jare uit die huis uit, maar jy dra nog steeds die geestelike letsels van jou familie se chaos. Of miskien is jou chaos by die werk, waar ander se opsetlike sonde jou direk affekteer. Dit het met Josef gebeur toe sy baas se vrou probeer het om hom te verlei. Toe Josef haar afgewys het, het sy uit wraak oor hom gelieg en hy was weer in ‘n put gegooi, ‘n dood afwagtende tronk.

Die Skrif maak dit egter duidelik dat God aan die werk was tydens elke put waarin Josef geval het.

‘n Vierde put is die soort wat God orkestreer vir wat ek ons “versnelde grootheid” noem.

Hierdie soort put is ‘n “hou-grond.” God plaas ons hierin om sy heilige werk in ons te versnel met groter intensiteit. Elke keer wat Josef in ‘n put gegooi is, het dit die proses versnel waarmee God hom in die posisie wou plaas om sy koningkryk doelwitte te bereik. Ek hoor God van hom sê:

“Ek wil iemand hê wat gewillig is om elke beproewing getrou te verdra, sodat ek hom in ‘n strategiese posisie kan plaas om my mense te red. Ek het Josef uitgekies vir hierdie werk. En die vinnigste manier om hom ‘n leier in Egipte te maak, is om hom in ‘n put te plaas sodat hy as slaaf verkoop kon word. Hy sal dan bevorder word in Pótifar se huis. Dan sal hy weer in ‘n put gegooi word. Ek sal hom weer herposisioneer en hierdie keer as my stem aan Farao.”

Dink aan die ongelooflike trajek van Josef se lewe. Hier was ‘n tienerjarige skaapwagter wat binne ‘n paar jaar tweede in bevel van die wêreld se grootste koninkryk geword het. Dit het my laat bid, “God, gooi my in daardie soort put! Neem my uit my gemaksone. Ek wil sien dat U u doelwitte in my lewe bereik.”

Is jy gewillig om te sê, “Here, ek sal met blydskap gaan waar U my ookal wil hê. As ek is in hierdie put is vir U doelwitte, gee my dan die oë van geloof om dit raak te sien.” Ek weet van baie Christene wat honger is vir hierdie soort geloof. Hulle roep uit, “Here, daar moet meer wees aan hierdie wandel. Ek wil nie net ‘n spasie op hierdie aarde vol maak nie. Ek wil hê dat U u doelwitte in my lewe werk, sodat dit ‘n impak in u koninkryk kan hê.”

Ek ken egter ook net soveel gelowiges wat te bang is om in geloof te droom. Sommige sal liewer in hulle huidige put bly sit as wat hulle die risiko neem om na hoër grond te beweeg. Hulle weet dat daar ‘n koste is om God te volg, ‘n offer wat die onbekende insluit en hulle is bang om dit te betaal. Job se vreeslike beproewings het hom bang gemaak vir die drome wat God vir hom gebring het: “As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra, dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte” (Job 7:13-14).

Maar hoe groter ons droom vir God se werk is, hoe groter sal ons put wees. As ons God glo vir ‘n huwelik wat sy heerlikheid sal weerspieël, word ons en ons gades bokant ons vermoëns beproef. Die waarheid is dat geloof ons omtrent elke keer in ‘n put gooi. As ons daarvan droom dat God ons sal gebruik, dan beter ons onsself voorberei vir daardie put wat dalk op ons pad wag.

Laat my toe om jou te vra: Pas jy jou lewe aan dat jy nooit gestres of oorweldig voel nie, nooit voel asof jy meer moet hanteer as wat jy kan nie? Vermy jy God se put van versnelde grootheid? As jy wil bly waar jy is, sal ek jou adviseer om ‘n paar dinge te doen:

Moenie liefgehê word nie. Génesis  37:3 sê, “En Israel het Josef meer liefgehad as al sy seuns.” Josef se broers het hom daarvoor verag. Maar die enigste ding wat Josef gedoen het om sy vader se liefde te verdien — en sy broers se veragting — was om God lief te hê en te droom van grootheid vir sy koninkryk. Dit het golwe veroorsaak.

Moenie ‘n droom hê nie. Wanneer Génesis  37:5 vir ons sê, “Josef het ‘n droom gehad,” beteken dit nie ‘n strewe na menslike prestasie nie. God het direk met Josef in daardie drome gepraat. En toe Josef dit besef het, het hy nie teruggedeins nie. Hy het toegelaat dat die drome ‘n goddelike vonk van goddelike ambisie in hom opgewek het. Dink aan hierdie feit: Die woord droom kom 113 keer voor in die Bybel — en in meer as 30 van daardie gedeeltes gaan dit oor Josef. Hy het God vir groot dinge geglo — en so moet ons.

Moenie van jou droom praat nie. Génesis  37:5 sê, “Ook het Josef ‘n droom gehad wat hy aan sy broers vertel het. Daaroor het hulle hom nog meer gehaat.” Baie van ons is skaam oor die drome wat God in ons harte geplaas het en deel van daardie skaamheid is te wyte aan ons vrees vir ander se opinies. Maar totdat ons ons oor ons goddelike ambisie gepraat het, sal dit nooit gebeur nie. Om stem aan ons drome te gee, is ‘n stap van geloof.

Moenie jou droom aanhou najaag as dit die eerste keer misluk nie. Vir jare het ek ‘n droom gehad om ‘n lewenskragtige, lewendige liggaam soos The Springs Church te lei. Maar toe ek oor daardie droom gepraat het, kon ek die mense se twyfel in hulle oë sien: “Wie is hy om te dink hy kan hierdie stad kan bereik?” Dit sou vir my maklik gewees het om deur hulle twyfel mismoedig te word, want ek het tevore nog net klein gemeentes gelei. Dank God, sy Gees het my aanhoudend aangemoedig om “ja” te sê vir die droom wat Hy in my geplaas het — en Hom te vertrou om dit tot stand te bring.

Moenie aan jou integriteit vashou nie. Daar is niks wat ‘n Godgegewe droom so vinnig kan vernietig soos om in te gee vir losbandigheid nie. Josef kon vir sonde ingegee het toe Pótifar se vrou hom wou verlei. Maar as jy vir God lewe, dan sal jy enigiets doen om te vermy om Hom te bedroef. Ja, God sal jou uit jou put van ongeregtigheid uithaal, maar as jy kies om te sondig, dan versmoor jy jou liefde vir Hom.

Moenie toelaat dat Christene wat ‘n kompromie met die wêreld aangegaan het, jou laat skuldig voel oor jou getroue strewe nie. Josef se integriteit het Pótifar se vrou kwaad gemaak. “Hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig teen God?” (Génesis  39:9). Hy het van geregtigheid gepraat toe hy haar afgewys het.

As jy van plan is om ‘n God-georkestreerde put te vermy, dan sal jy luister na al die waarskuwings wat jy hier gelees het. Maar as jy wil hê dat sy hart Homself in jou geloof verlustig, dan sal jy enige vrees trotseer net om op sy pad van versnelde grootheid te wees.

Dit is tyd om die droom wat God lank gelede vir jou gegee het op te neem. Jy mag dalk in ‘n put vasgevang wees — maar wat jy as ‘n lang beproewing gesien het, mag God se hou-grond wees vir jou eerbare diens aan Hom. Is jy bang om te droom? Vra God om jou vrees vir geloof te ruil. Kom jy uit ‘n disfunksionele agtergrond? Vertrou Hom om jou te lei ten spyte van jou letsels wat nog daar is. Is jy bang dat jy vir te lank gesondig het? Onthou dan sy belofte dat Hy elke skaap wat verlore is, sal gaan soek.

God verwelkom elke sondaar op die pad van geloof. En Hy sal elke vertrouende dienaar verlos uit elke put waarin hulle val. Hy soek geloof soos wat my vriend Jimmie het — iemand wat val, maar nooit ophou vorentoe kyk nie. Laat niks jou hoë roeping wat God op jou gelê het, verhinder nie. Hy sal jou uit elke put uitlig — en Hy begeer om jou op ‘n versnelde pad te plaas wat eer aan sy naam sal bring.