VOL MOED DIE VYAND TEËSTAAN

Nicky Cruz

Satan is op ‘n sending – ‘n sending so eenvoudig as wat dit doelgerig is. Hy is daarop uit om ons passie te steel en hy is vasbeslote om dit te reg te kry. Dink daaraan hoe effektief hy kan wees as hy hierdie een taak kan uitvoer – hierdie een doel. Hierdie een ding wat hy desperaat moet bewerkstellig.

As Satan ons passie kan steel, ons opgewondheidheid oor Jesus kan wegneem, ons daarvan kan weerhou om te begin dink om siele te wen en die wêreld vir Christus te bereik, kan hy sy heerskappy effektief onaangeraak hou op aarde. Hy weet dit is die waarheid, en hy werk met elke vesel van sy wese om dit te laat gebeur. Op ver te veel maniere is hy suksesvol.

Te dikwels is Christene beangs en bekommerd oor die toekoms; hulle roep uit en kla oor Satan se talle oorwinnings in die wêreld, hoe hy so baie oorloë wen en soveel momentum kry in hierdie land, sowel as in die wêreld. Hulle praat asof Satan bestem is om te wen. “Ons verloor ons kinders aan die kultuur,” sê hulle. “Ons kerke kwyn in groot getalle, en ons samelewing word meer goddeloos by die dag.” Ek sien dit self, maar ek weet dat wanneer Satan besig is om te wen, is dit omdat die kinders van God lafhartig die aftog blaas in plaas van opstaan en vol moed die vyand teëstaan. Hulle gee te maklik op. Die Woord van God sê vir ons, “Hy sal kom soos ‘n saamgeperste stroom wat die asem van die HERE aandrywe” (Jesaja 59:19).

Ek smag daarna om ‘n dag te sien wanneer Christene skouer aan skouer, arm in arm, in hierdie stryd teen Satan staan en uiteindelik ‘n streep trek in die sand, reg in die middel van hierdie pad. Jy kan deel wees van hierdie leër soldate wat teen Satan opstaan in hierdie dag. Laat jou hart aan die brand gesteek word deur die Heilige Gees en word ‘n kryger vir God in hierdie groot stryd. Die stryd word gevoer, so neem jou swaard op en vind jou plek binne sy geledere!

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.