Bou Jouself Op in die Here

David Wilkerson (1931-2011)

Sommige mense dink dat gelowiges altyd opgewek moet wees, altyd seker van waarheen hulle gaan, altyd selfvervuld en tevrede, maar baie keer kamofleer ons glimlagte pyn, verwarring en droefheid. Alle ware manne en vroue van God beleef sulke dinge. As jy geestelik, fisiek en emosioneel bankrot voel, en weet dat jy nooit sonder ‘n bonatuurlike inspuiting van Christus se krag kan aangaan nie, is jy nie alleen nie. Maar wees verseker dat daar volkome oorwinning vir jou is!

Die Bybel is vol verhale van groot manne van God wat raadop was. Dawid is ‘n voorbeeld van “’n man na my [God se] se hart” (Handelinge 13:22) en tog was hy oorweldig deur berou, depressie en allerhande negatiewe emosies. “Ek is krom, heeltemal geboë; die hele dag gaan ek in die rou” (Psalm 38:6).

Waarom was Dawid toegelaat om soveel verlies en onrus in sy lewe te beleef? Party daarvan het gekom as gevolg van sy sonde, waaroor hy met droefheid berou gehad het, maar dit was ook omdat goddelike karakter besig was om in hom te vorm. Daar was nie ‘n oomblik waarop die Heilige Gees nie met Dawid was nie, maar hy was toegelaat om soms raadop te raak.

God belowe sterkte aan sy gesalfde: “Geloofd sy die HERE, want Hy het die stem van my smekinge gehoor. Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang” (Psalm 28:6-7). As jy Hom sal aanroep, sal Hy sy krag in jou uitstort: “Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel ... As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit ... en u regterhand verlos my” (Psalm 138:3,7).

Jy kan die Here vertrou om jou deur alle omstandighede in jou lewe te dra. Die Woord van God is vol heerlike beloftes en ons Here verbly hom in ons geloof en vertroue. Moenie nalaat om jouself net soos Dawid in die Here op te bou nie en word sterker en sterker elke dag.