Om die Stem van God te Hoor

David Wilkerson (1931-2011)

Een van die grootste seën wat ‘n ware gelowige kan hê, is om die stem van God te ken. Dit is moontlik om God se stem vandag te hoor net so seker as wat Abraham en Moses – so duidelik soos Samuel en Dawid – so seker as wat Paulus, Petrus en die apostels dit gehoor het.

God het nog altyd ‘n volk gesoek wat sy stem sou eer en vrees. In ons tyd, is daar egter baie stemme wat uitroep en voorgee asof hulle die stem van God is en duisende word mislei. Hulle plaas hulle hele lewens in die hande van ‘n leraar of prediker wat dan God vir hulle word. Maar niemand is onfeilbaar nie en jy moet God se stem ken en direk hoor om te kan beoordeel wat geleer word.

Verder, binne ons harte, is daar baie stemme wat uitroep en almal gee voor om die ware stem van God te wees. As jy enige van hierdie stemme vertrou sonder om hulle almal teen God se Woord te toets, sal jy mislei word! Daar is die stem van die vlees, die stem van ons hardkoppige wil, die stem van die vyand en die stem van die wêreld. Hulle almal is soet, sag en belowe jou “Dit is God wat praat!”

Laat my vir jou vertel wie kan seker wees om mislei te word: dit is die Christen wat dink hy kan nie mislei word nie – die een wat eens werklik gehoor het, maar nou leef op indrukke en stemme wat nie uit die binnekamer kom nie. Ons is nie onfeilbaar nie en elke woord wat ons kry is nie van God af nie.

Slegs diegene wat die Meester se stem waardig genoeg ag om vir Hom te wag, sal Hom hoor. God sê vir ons, “As jy my stem wil hoor, bid tot my in die binnekamer en Ek sal jou in die openbaar vergelde” (sien Matthéüs 6:6). Besigwees, begeertes, gierigheid en die sorge van die lewe kan sy stem uitdoof.

God wil ‘n vars woord met jou spreek vandag! As jy sy stem reg wil hoor, sonder jou alleen af met Hom. Sy teenwoordigheid vergesel altyd sy stem en as jy tyd deurbring in sy Woord, sal die Heilige Gees alles met Skrif bevestig. Dit is die pad na ware blydskap en vrede.