Heilige Gees Oproermakers

David Wilkerson (1931-2011)

Vandag se kerk is vol stil heiliges wat nie golwe wil maak nie. Niemand wil immers moeilkheid hê nie! Maar sommige van die dissipels was groot oproermakers! Paulus en Silas het in die krag van die Heilige Gees gewandel en het “hulle lewe oorgegee ... vir die Naam van onse Here Jesus Christus” (Handelinge 15:26). Op een geleentheid, het Paulus, ‘n fortuinvertelster gekonfronteer, die duiwel uit haar gedryf en die hele stad in oproer gebring. Die slawe-eienaars van die verloste vrou het Paulus en Silas tot op die markplein gesleep om voor die owerhede tereg te staan. Toe het hulle hulle geslaan en hulle in die tronk gegooi (sien Handelinge 16:16-24).

Dit moes sekerlik gelyk het of Satan hierdie stryd gewen het, maar al die krag van God was met hierdie Heilige Gees oproermakers. “En omtrent middernag het Paulus in Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing...En skielik kom daar ‘n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak” (Handelinge 16:25-26). Een gevolg van al hierdie dinge was dat die tronkbewaarder voor die mans neergeval en uitgeroep het, “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” (Handelinge 16:30). Nadat hulle uit die tronk geloop het, het Paulus en Silas direk na die huis van Lídia gegaan en hulle broers in die Here bemoedig (sien 16:40).

Paulus en Silas het die magte van die duisternis en ‘n dooie, korrupte godsdienstige stelsel vreesloos uitgedaag. “Toe het hulle...in Thessalonika gekom, waar ‘n sinagoge van die Jode was. En volgens sy gewoonte Paulus na hulle gegaan en...met hulle gespreek uit die Skrifte en dit uitgelê en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, en gesê: Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, is die Christus” (Handelinge 17:1-3). Die sinagoge in Thessalonika het waarskynlik jarelank stil, onverhinderd byeenkomste gehou. Hulle het ywerig die Skrif onderrig en uiterlik baie heilig voorgekom. Toe het Paulus op die toneel verskyn en binne drie weke vandat hy die koningskap van Jesus verkondig het, het hy daardie hele gebied omgekeer!

Het jy al ooit gewens jy was vuriger in jou getuienis? Het Satan jou bang gemaak vir mense? Die Bybel sê, “Weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug” (Jakobus 4:7). “Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte” (Efésiërs 6:10). Mag Paulus en Silas jou inspireer om vrymoedig te wees in jou getuienis vir Jesus.

Tags