Simpatie in Lyding

David Wilkerson (1931-2011)

Daar is ‘n “Heilige Gees skool van simpatie” wat bestaan uit beproefde heiliges wat baie gely het en versoekings, beproewings en mishandeling verduur het. Die Bybel praat van “die gemeenskap aan sy lyde” (Filippense 3:10) – ‘n gemeenskap van gedeelde lyding. Jesus het hierdie skool gestig en Hy het bewys dat dit moontlik is om alle soorte swaarkry te verdra en te gradueer as ‘n oorwinnaar.

Jesus was verwerp, wantrou, mishandel, bespot en valslik beskuldig. Hy het geweet wat dit was om eensaam, honger, arm, ongeliefd, beskaamd, gelaster en getart te word; Hy was ‘n leuenaar, ‘n bedrieër en ‘n valse profeet genoem. Sy eie familie het Hom nie verstaan nie; sy mees betroubare vriende het geloof in Hom verloor; sy eie dissipels het Hom verlaat en gevlug; en, laastens, Hy was op gespoeg, bespot en vermoor.

Jesus het sekerlik medelye met al ons hartseer en lyding omdat Hy self deur dit alles gegaan het. “Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde” (Hebreërs 4:15).

Jy mag Jesus dalk nou meer liefhê as ooit tevore, maar jy gaan dalk ook deur hartseer en beproewings. Jy kan baie seker wees dat God ‘n goddelike doel agter elke beproewing het. Die Jode het geglo dat as God tevrede met jou was, sou jy altyd geseënd wees en nooit ly nie. As gevolg hiervan, wou Paulus wou hê dat bekeerlinge nie verward moes wees oor al die sorge wat om hom gewemel het nie. Berigte van Paulus se groot lyding het deur al die kerke heen versprei en daarom het hy geskryf, “Sodat niemand verontrus mag word onder hierdie verdrukkinge nie; want julle weet self dat ons hiervoor bestemd is. Want ook toe ons by julle was, het ons julle vooruit gesê dat ons verdruk sou word” (1 Thessalonicense 3:3-4).

Dit is nie lyding wat ons leer nie; liewer, dit is om te verstaan en te aanvaar dat dit uit sy hand kom, vir sy doel, vir ons ten goede. Onthou, God se Woord sê, “Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom” (Psalm 34:20).

Moenie verras wees as jy ly nie! Maar wees verseker dat God Homself getrou sal bewys en dat Hy altyd lewe uit die dood skep. Jesus het gesê, “In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin” (Johannes 16:33).

Tags