God Het ‘n Plan vir Jou Stryd

David Wilkerson (1931-2011)

Menigtes Christene beleef onbeskryflike probleme elke dag – fisieke pyn, emosionele lyding, finansiële probleme. Hulle is bekommerd, “Dit alles is te veel vir my om te hanteer. Hoe sal ek dit ooit maak?” Die waarheid is, nie een van hierdie verskriklike dinge verras God nie. Hy het alle verskriklike dinge wat ooit met die mensdom sou gebeur vooruit geweet, insluitend elke krisis en probleem wat ons vandag beleef. En die Bybel sê vir ons dat God vir ons wil wys hoe om dit alles te hanteer.

God beveel ons om nie enige van ons vyande te vrees nie. “Wees dan nie bevrees vir hulle nie; dink gedurig aan wat die HERE jou God aan Farao en die hele Egipte gedoen het” (Deuteronómium 7:18). God het verwys na die sterk, goed bewapende heiden nasies wat Israel teëgekom het. Vir ons vandag, is dit van toepassing op elke probleem en oorweldigende krisis wat ons in die lewe beleef.

Ons hemelse Vader sien elke tree van ons lewens en ten spyte van ons krisisse, beveel Hy ons oor en oor in die Skrif, “Wees nie bevrees nie!” Ons moenie glo dat ons probleme ons sal vernietig nie, omdat Hy ons sterk skild is.

“Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? ‘n Volk wat deur die HERE verlos is, die skild van jou hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande hulle al kruipende aan jou onderwerp; maar jý sal op hulle hoogtes stap” (Deuteronómium 33:29). God sê vir ons, “Dit is ‘n leuen dat Ek vir jou kwaad is en jou verlaat het sodat jy jouself moet verdedig teen jou vyande!”

As jy ‘n stryd het met ‘n onstellende, gewoontesonde wat in jou hart agtergebly het, weet God alles daarvan. Hy weet hoe jy dit haat en Hy wil hê jy moet sy boodskap hoor: “Wees nie bevrees nie! Ek is jou skild, jou bewaarder, jou beskerming, jou swaard van heiligheid teen al jou vyande. Ek ken die pad uit versoeking vir jou en Ek sal jou leer om die stryd te voer.” Dawid het dit geweet en dit is hoekom hy kon sê, “Ek sal geen onheil vrees nie” (Psalm 23:4).

Jou hemelse Vader sien elke stukkie van jou lyding en Hy maak wonderlike beloftes aan jou: “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat kan ‘n mens aan my doen?” (Hebreërs 13:5-6).

Dit maak nie saak wat oor jou pad kom nie, God het meer as genoeg genade en vertroosting vir jou!