Die Gevare van Onmiddellike Bevrediging

Carter Conlon

George Müller (1805-1898) was ‘n evangelis en direkteur van ‘n weeshuis in Engeland. Hy was ‘n man met groot geloof en op die vraag hoe hy soveel met so min hulpbronne kon bereik, het hy geantwoord: “Geloof werk nie in die realm van die moontlike nie. Daar is geen eer vir God in dit wat menslik moontlik is nie. Geloof begin waar die mens se krag eindig.” Ons samelewing is versot op onmiddellike bevrediging. Ons wil nie op iets wag nie en baie Amerikaners bevind hul in skuld omdat hulle dink dat hulle die nuutste motor, huis of toestel nodig het – nou dadelik! Dit het ‘n generasie geskep wat onvolwasse, rebels en geregtig voel op byna alles – sonder om hard te werk vir dit wat hulle nodig het of wil hê. Maar onmiddellike bevrediging is nie in God se woordeboek nie, want dit bewerkstellig nie geloof en vertroue in Hom nie. Trouens, niks daarvan ontwikkel geestelike waarde nie en dit bring ook nie ‘n godvrugtige karakter voort nie.

Die profeet Jesaja het gesê: “Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here” (Jesaja 55: 8). Hy sal ons gebede verhoor, maar op sy perfekte tyd en op sy volmaakte manier. Om te wag is nie maklik nie, maar God sê vir ons dat ons volhardend in ons gebede moet wees en glo dat Hy op die regte tyd sal verhoor.

Miskien is jy moeg daarvoor om te wag dat God jou gebede verhoor en begin jy moed verloor. Jesus vertel ‘n gelykenis van ‘n weduwee wat herhaaldelik na ‘n regter gegaan het om vir geregtigheid te vra teenoor haar teëstanders. Uiteindelik het die regter gesê: “Tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie” (Lukas 18:5). Toe sê Jesus: “Net soos hierdie onmenslike regter die versoek van ‘n volhardende weduwee toegestaan het, hoeveel te meer sal God jou verhoor (en vir jou stry) as jy tot Hom roep” (sien 18:7).

God ignoreer nie ons pleidooie nie. Sy karakter is liefde en daarom doen Hy in alle opsigte wat in ons beste belang is, al sien ons die antwoord dalk nie dadelik met ons natuurlike oog nie. God het bepaal dat jou gebed verhoor sal word, vertrou dus op sy Woord terwyl jy met geloof bid!

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Kerk in 1994 en was aangestel as Senior Pastoor in 2001. In Mei 2020 het hy oorgegaan in ‘n voortgesette rol as Algemene Opsiener van Times Square Church, Inc.