Pasop vir Oorgerustheid

David Wilkerson (1931-2011)

“En Ek beskik vir julle ’n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het, sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel” (Lukas 22:29-30). Jesus se volgelinge moes ekstaties gewees het om dit te hoor. Hulle toekoms was heeltemal verseker en die Here self het gesê dat hulle op pad hemel toe was om saam met Hom te regeer en te heers in die hele ewigheid.

Toe het Jesus direk met die apostel Petrus gepraat: “Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk. En hy het vir Hom gesê: Here, ek is gereed om saam met U selfs in die gevangenis en in die dood te gaan. Maar Hy antwoord: Ek sê vir jou, Petrus, die haan sal vannag nie kraai voordat jy drie maal geloën het dat jy My ken nie” (Lukas 22:31-34).

Oorgeruste Petrus het geen idee gehad wat hy op die punt was om te beleef nie. Later, in die tuin van Getsémané toe Jesus gevange geneem is, het hy voortvarend die regteroor van die Hoëpriester se oor afgekap (sien Johannes 18:10). Hierdie daad van bravado, was so tipies van Petrus se houding teenoor die lewe. En voor die nag verby was, het hy Jesus se woorde vervul dat Hy drie keer sou ontken dat hy Hom ooit geken het. En “En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik geween” (Lukas 22:62).

Van ekstase na verplettering binne die strek van ‘n paar uur as gevolg van oorgerustheid en selfvertroue! Talle Christene word toegelaat om by ‘n plek van amper-val uit te kom sodat die Here hulle kan optel en op vaster grond plaas. Jesus het vir Petrus gesê, “Jy gaan My verloën, maar jy gaan herstel word. Daarna, gaan jy geseën word deur dit wat jy geleer het en jy sal iets lewensbelangrik hê om vir ander te gee.”

God het jou onvoorwaardelik lief en het ‘n ewige plan vir jou. Selfs al gaan jy dalk deur tye van mislukking, kan Satan jou nie van Christus se liefde beroof nie. “Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe. Want ons ligte verdrukking wat vir ’n oomblik is, bewerk vir ons ’n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid” (2 Korinthiërs 4:16-17).